BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geregtigheid teenoor die medemens – God se orde 3906 As julle Goddelike geregtigheid eis, moet julle ook in alles self regverdig wees. Al julle gedagtes en dade moet ooreenstem met My ewige orde, dus moet hulle getuig van liefde vir My en die volgende persoon. Alles wat julle wil hê met julle moet gebeur, watter reg ookal julle vir julleself opeis, moet julle ook aan die volgende persoon gun, julle moet hom op die dieselfde manier behandel as wat julle deur hom behandel wil word, indien julle in dieselfde situasie is; julle moet sonder selfsugtige liefde wees as julle vir julle naaste wil doen en gee wat julle vir julself vereis. Julle moet ook altyd in gedagte hou dat Ek aan julle sal gee ooreenkomstig julle houding tot julle naaste. Dink en tree redelik op en julle kan verseker wees van My geregtigheid, want as julle in stryd met My ewige orde optree, moet Ek seker maak dat julle die onreg van julle gedagtes en aksies herken, d.w.s. julle moet die gevolge daarvan self voel, sodat julle kan weet dat julle nie in My orde lewe nie sodat julle self sal verander. Die wêreld is vol onreg, tog kan Ek dit nie met geweld laat ophou nie, want dan sal die wêreld nooit in staat wees om bewus te word van sy onreg en wegdraai daarvan nie. Nietemin sal My geregtigheid eendag geopenbaar word, maar dan sal dit 'n vreeslike oordeel wees vir diegene wie se lewens nie gaan ooreenstem met My orde nie, want almal sal moet boete doen vir hulle onregverdige gedagtes en dade, of dit nou op die aarde of in die hiernamaals of in folterende hernude verbanning in die materie sal wees, want aangesien Ek uiters volmaak is, moet Ek ook uiters regverdig wees en die sondaars straf sodra hulle ontaard in duiwels op aarde en nie meer in staat is tot enige aardse verbetering nie. Tog lyk dit of My geregtigheid steeds agterweë bly, dit lyk of Ek My oë sluit vir die geweldige onreg wat op geestelike vlak in die wêreld gebeur en deur dade van die mees blatante liefdeloosheid. Blykbaar sien Ek dit nie, tog is dit opgeteken in die Boek van die ewigheid. Geen onreg sal ongestraf gaan as die siel nie ’n baie ernstige beroep om vergifnis doen en gewillig is om haarself te verbeter nie. My geregtigheid sal ook openbaar word op die Dag van Oordeel, wanneer alle sondes aan My openbaar word, en niemand sal in staat wees om hul gedagtes en werke vir My weg te steek nie. Dan sal Myne My loof vir My geregtigheid en die sondaars, wat Ek tot verantwoording sal roep vir hul dade, sal vrees. Selfs al gaan die mensdom van sleg na slegter en voeg sonde by sonde, weet dat die dag van Oordeel boetedoening sal eis vir alles, en daardie dag is nie meer vêr nie. Ek sê egter weer vir julle dat die maat eers vol moet word alvorens My Liefde en genade sal terugstaan vir geregtigheid om te heers, want die tyd wat Satan vir sy aktiwiteite op aarde toegestaan is, is vooraf bepaal sedert ewigheid. Gedurende hierdie tyd het elke siel egter ook geleentheid om haar weg na My te vind en haar los te maak van Satan se beheer met My Ondersteuning, met My Krag. Elke dag is 'n seëning vir die onvolmaakte geestelike wese, maar dit gee ook die teenstander groter geleentheid om die siel in die afgrond te trek vir 'n oneindig lang tyd. Die dag van Oordeel sal egter die tyd van genade tot 'n einde bring en ook die tyd waarin hierdie krag sal woed en dan sal daar 'n regverdige oordeel wees en daar sal ’n geween en gekners van tande wees vir die sondaars wat voorheen strafloos in vrye wil gewoed het, wat dan in die diepste duisternis gegooi sal word vir 'n oneindige lang tyd. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205