BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 401

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geloofstryd - Verwysing na groot nood - Aanmaning 4838 Daar sal nie meer ’n lang termyn vir julle gegee word nie, dit moet julle weet. En julle sal die kort tydjie nog bewustelik moet lewe, omdat dit vir julle nog 'n tyd van genade sal wees waarin julle julleself sal kan voorberei en krag kan versamel vir die komende tyd wat al julle krag sal opeis. Laat julle nie mislei deur die skynbare rus en die toestand van vrede nie, want vandag of môre sal dit verander en geskok sal julle die gedrag van die mense sien aan wie julle uitgelewer is. Julle sal so 'n vinnige terugkeer van die voorgaande nood nie wil glo nie en vol afgryse sal julle die wêreldgebeure volg. Maar glo dat daar vir julle maar net een hulp bestaan, wanneer julle julself tot die Ene sal wend, wat Heer is oor alles, wat julle ook in die grootste nood in Sy beskerming kan neem en aan wie julle julleself sal moet toevertrou, indien julle gedurende die moeilike komende tyd wil uithou en standvastig wil bly in die stryd wat julle oor die verlossing van julle siele sal moet voer. Julle sal nog veel kan bereik, indien julle die tyd van rus benut om julle geloof te versterk, God se Woord in ontvangs te neem en geestelike rykdom te versamel. Want vinniger as wat julle dink, sal die groot nood oor julle kom, wat sal dreig om julle te oorweldig, indien julle nie krag van bo sal afsmeek nie, waarvoor julle sterk in die geloof sal moet staan om in gees en in waarheid te kan bid. Julle het te alle tye die moontlikheid om met God in verbinding te tree en sal dit moet benut, voordat dit te laat is. Want wanneer die nood oor julle sal kom, sal julle moeilik die regte gedagtes kan opneem. Rig daarom nou julle blik omhoog, roep na Hom wat julle sal hoor in elke nood en Wie julle wil help en kan, indien julle net vol vertroue na Hom sal kom. Laat julle ernstig aanmaan om Hom nie te vergeet nie, sodat Hy julle ook nie sal vergeet as julle Hom nodig het en op Sy hulp aangewese is nie. Die tyd is baie kort. Benut dit daarom en versamel krag wat God aan julle gee deur sy Woord. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205