BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Groot nood – kruispad - Laaste uitstel 4391 Neem kennis daarvan dat daar 'n nuwe tydperk gaan begin. 'n Tyd van ontbering en laste soos die wêreld nog nie voorheen ondervind het nie. En julle sal op 'n kruispad staan, want julle sal twee weë kan gaan. Die bestemming van die een is 'n nuwe verbeterde aardse wêreld, waarna julle verlang en julle daarom dink dat julle dit kan skep. Die bestemming van die ander is die ryk buite hierdie aarde, wat julle 'n beter lewe beloof na julle afsterwe. Slegs weinig sal hierdie weg gaan waarvan die bestemming egter verseker is, terwyl die massas in strome oor die weg van die aardse sal gaan, wat na die sekere verderf sal lei. Glo My woorde, naamlik dat die tyd aangebreek het. Maak julle nou al gereed om alles weg te gee en met die eenvoudigste leefwyse tevrede te wees, want julle besit nog baie in vergelyking met die komende tyd, waarin maar min hul besittings sal behou, maar hulle nie daaroor sal kan verheug nie, omdat dit wat Ek aan hulle sal oorlaat, nou deur hul medemense van hul afgeneem sal word. Niemand sal dit wil hoor nie, naamlik dat 'n vooruitgang slegs denkbeeldig sal wees, dat julle nog maar ’n kort tyd in draaglike omstandighede sal leef, dat daar 'n groot ommekeer voor julle lê wat julle van alle lewensvreugde sal beroof en vir julle harde vereistes vir die lewe sal stel. Dit kom egter baie seker, omdat die tyd uitgeloop het. Wanneer My genade julle al vooraf daarop wys, gebeur dit slegs met die doel dat julle jul sal moet vrymaak van aardse begeertes, dat julle geen toekomsplanne moet maak nie, maar met vergrote ywer na geestelike goedere streef, wat die enigste is wat die swaar komende tyd vir julle draaglik sal maak en julle van nut sal wees. Julle sal daarmee kan werk wanneer die nood groot raak en die mense desperaat word. Ek kon dit egter nie van julle weghou nie, want julle mense het julle God heeltemal vergeet toe julle op jag was na aardse goed. Julle dink slegs aan julle liggame en laat die siel gebrek ly. So neem Ek wat julle jul liggame wou gee, van julle weg en bied julle as vergoeding kosbare goed aan vir julle siele. Neem julle dit aan, sal julle gered wees vir die ewigheid. Weier julle dit, dan sal julle liggaam en siel verlore wees, want uit eie krag sal julle julle liggame nie in stand kan hou nie. Ek het egter besluit dat daar 'n einde aan moet kom en sal julle nog net een laaste uitstel gee, waarin julle bewus sal moet word van die erns van julle toestand. Daarom wys Ek julle voortdurend daarop, totdat die dag kom wat alles sal verander. Wat Ek verkondig, sal vervul word en slegs daarom stuur Ek vir julle sieners en profete, sodat julle kan wakkerword en in alle erns aan julle siele sal dink, wat in die grootste gevaar is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205