BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 369

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ware kerk - Ineenstorting van kerklike organisasies 4768 Die einde van dae word deur ‘n tyd vooraf gegaan waarin My Woord aangeval sal word en ook alles wat dui op My as Skepper en Behoeder. Mense sal alle geloof in een God wil vernietig en dit beteken ‘n openlike stryd teen alles wat geestelik is. En nou sal die meeste kerklike organisasies en hulle aanhangers daardeur getref word, want mense tree teen alles op wat na buitetoe herkenbaar is as verteenwoordigend vir My Ryk en My leer. Daarom laat Ek mense wat voorstanders van My Woord is, buite hierdie organisasies opstaan, wie nou deur My aangestel is om My Evangelie verder te verbrei, want hulle is in besit van die volle waarheid en is daarom ook geskik om hulle medemens in die laaste tyd te onderrig. Want dit sal nodig wees om die mense in die laaste tyd in hulle geloof te versterk, of om hulle wakker te skud. Want nou eers sal hulle begin om na te dink oor die duursaamheid van die leerstellings wat so tradisiegetrou aan hulle gegee was. En hulle sal insien dat Ek nie met diegene is wat maar net deur die uiterlike kerk met My omgaan nie, hulle wat van mening is dat hulle ‘n sekere voorkeur het, omdat hulle aan ‘n bepaalde kerk behoort. Ek het wel al My kinders lief, maar sodra ‘n kind egter nie die wil van sy Vader vervul nie, in die sin dat hy die aan hom geleende gawe om te kan dink nie gebruik nie en dus verstand en hart tesame nie aanspoor om werksaam te wees nie, om in te sien wanneer hy leef volgens My Wil en om te besef wanneer valse profete hulself as My afgesante uitgee nie, verwyder die kind homself dan van My en hy vind moeilik weer die weg terug na My. Steeds laat Ek ook hierdie dwalendes My Woord toekom, voortdurend benader Ek hulle en probeer aan hulle kennis te gee op ‘n direkte manier, deurdat Ek My boodskappers na hulle toe stuur, sodat hulle vir hulle opheldering kan gee. Maar hulle neem geen onderrig aan nie en hulle is sodoende ook nie meer te verontskuldig as hulle op die verkeerde weg verdwaal het nie. En wanneer nou, op aansporing van My teenstander, hierdie mense van hulle kerk ontneem word, sal slegs dié mense wat nie gaan twyfel nie, die wat standvastig is in die ware geloof en hulleself daardeur so innig met My verbind het, dat Ek te alle tye naby aan hulle kan wees. Hulle sal nie getref word deur die harde maatreëls en brutale bepalings nie, want hulle sal weet waar die ware kerk van Christus te vinde is. Hulle sal net steeds yweriger vir My Woord opkom, ofskoon hulle ook nie van die vervolginge van hom, wat teen alles stry wat tot die geloof behoort, veilig is nie. Die tyd het nog nie aangebreek dat julle ‘n besluit moet neem nie, maar dan sal slegs die innerlike oortuiging vir julle die krag gee om weerstand te bied, sodat julle in die waarheid wandel en My Woord as bewys sal hê wat Ek Self aan julle gegee het. Julle en almal wat na julle sal luister en wat My wil dien, sal nou met groot oorredingskrag spreek en niks sal julle van stryk laat bring nie, want nou weet julle ook dat julle nog maar ‘n kort tydjie moet volhard om salig te word. Julle weet dat al die uiterlike wel kan wankel, maar nooit die kerk wat Jesus Christus op aarde gestig het nie, die ware kerk, wat nie deur die poorte van die hel oorwin kan word nie. Tallose mense sal egter van die geloof afvallig word. Hulle sal dit onbegryplik vind dat Ek die kerk nie beskerm nie, waarvan hulle dink dat dit deur My opgerig is en hulle lê teenoor hulself geen rekenskap daarvan af of hulle lede is van die kerk wat deur My gestig is nie, omdat hulle nadenke daaroor verbied word. En so sal iets ineenstort wat volgens die mening van die mense “onoorwinlik” moet wees. Dit sal inmekaarsak soos ‘n kaartehuis, omdat dit mensewerk is wat nie kan standhou nie. Maar Myne sal hulself nie laat oorwin nie, hulle sal die geloofskrag besit wat weerstand bied, omdat hulle My bystand sal ondervind. Hulle sal die krag van My onttrek, omdat hulle vas in My glo en daarom tot My kerk behoort wat nie deur die poorte van die hel oorweldig kan word nie. Maar dit sal ‘n baie moeilike tyd wees, waarop Ek julle steeds weer wys om die wat aan My behoort gedurig aan te spoor om julleself voor te berei om steeds weer krag in ontvangs te neem deur die opneem van My Woord en die werksaamheid in liefde. Die tyd is naby waarop hierdie stryd sal begin en julle moet gewapend wees. Julle moet standvastig bly wanneer iedereen faal wat ‘n “skyngeloof” aanhang en wat dink dat hy in die waarheid staan, sonder om ooit na te gedink het wat om te glo en wat van hom verwag word. Hulle sal wankel en afvallig word van die geloof. Julle moet egter standhou en die bewys lewer dat die innige lewende verbintenis met My ook ‘n lewende geloof tot gevolg het, wat julle die krag sal gee om te volhard tot die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205