BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

’n Huwelik wat deur God geseën is 4357 Julle moet mekaar in liefde vind, anders kan julle eenheid nie deur My geseën word nie. Die huwelik is die samesyn tussen twee en ‘n saamlewe in die innigste harmonie. Die huwelik is ‘n toestand wat nie wettig tot stand gebring kan word nie, maar wat steeds ‘n diep onbaatsugtige liefde as voorwaarde het, wat, as dit eenmaal in die hart ontbrand het, nimmermeer uitgedoof kan word nie. Want die ware liefde verbind die harte en is nie ’n fisiese liefde wat vervulling soek in die luste van die sinne nie en is daarom nie ’n begerende liefde nie. ‘n Liefde wat altyddeur wil gee en gelukkig wil maak, is die fondament van ‘n huwelik wat deur My geseënd is. ’n Huwelik is ’n innige gemeenskap van twee mense wie se harte reine liefde vir mekaar voel. So ‘n huwelik is onontbindbaar, omdat ware liefde nooit kan vergaan nie. So ‘n huwelik word gesluit wanneer twee mense hulle vertroue in My stel, sodat Ek hulle verbond kan seën. Dan eers geld hulle vir My as man en vrou en moet hulle saam bly tot die dood hulle skei. Enigeen wat so ‘n huwelik aangegaan het, sal hulself ook steeds by die ander behorend voel, al sou uiterlike omstandighede ook die mense van mekaar skei. My seën sal op hulle rus, omdat daardie heiligste gevoel sy oorsprong in My het, wat die eerste voorwaarde is vir ’n huwelik volgens My Wil. Maar ware liefde word egter selde op aarde gevind. Desondanks word daar wel wettige huwelike bevestig en dit is ook nie teen My Wil nie, omdat die mensegeslag homself moet voortplant, omdat tallose siele ongeduldig wag op die beliggaming in die vlees om hulle laaste weg van ontwikkeling in die wêreld van die materie af te lê. Die verbinding van twee mense in een moet dus in ’n na buite herkenbare vorm gegiet word wat bepaalde wette, verpligtinge en regte omvat. Want sonder hierdie wette sou die mense te maklik teen My gewilde ordening sondig en daardeur die korrekte opvoeding van die nakomelinge in gevaar stel, wat egter vir die geestelike ontwikkeling van die allergrootste betekenis is. Die huwelik volgens die wettige vorm is dus nie teen My wil nie. Of My besondere seën egter daarop sal rus, hang van die graad van wedersydse liefde af wat die egpaar vir mekaar voel. My seën egter, is deurslaggewend of ’n huwelik deur My of deur mense gesluit is. As ’n huwelik uit ander motiewe gesluit word, sonder wedersydse diepe liefde, geld die verbond wel vir die wêreld en Ek sal My hulp nie weier as daarvoor gevra word nie. Dit is egter nie ’n huwelik in die ware sin van die woord, waarin Ek My welgevalle het nie. Dit is nie ’n verbinding wat deur My gewil is nie en wat deur die liefde tot ’n daad van saligheid word wat Ek sal seën nie. Want waar reine liefde is, sal die gewende beginsel steeds oorheersend wees, dus sal Ek nooit in so 'n huwelik uitgeskakel word nie, omdat Ek die Liefde self is. En My Gees sal die mense beheers en in diegene werksaam wees op die wat op hierdie manier voor My gaan staan as man en vrou om My seën te vra. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205