BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wêreldgebeure se verloop stem ooreen met die geestelike ontwikkeling 3793 Wêreldgebeure het sy verloop ooreenkomstig die geestelike ontwikkeling, dus sal die chaos ook steeds groter word, omdat die mensdom voortdurend agteruitgaan in sy ontwikkeling. Hulle verwyder hulself steeds meer van die pool van liefde en stuur op die teenpool af, wat heeltemal sonder enige liefde is. Dit sal sy aardse uitwerking in volslae wanorde hê en dus vir die mense ‘n onverdraaglike bestaan wees in aardse nood, in die ontbreking van insig, in dwaling, verkeerde denke en handeling, en uiteindelik in die algehele ondergang, omdat daar niks is wat vir ewig in so ‘n wanorde kan bestaan nie. Dus gaan die mensdom sy geestelike en liggaamlike ondergang tegemoet; en dit sal die einde wees. Waar daar wel nog ‘n positiewe ontwikkeling op die spel is, sal die toestand van wanorde ook nie in der mate aangetref word nie, dog die lewe van die enkeling sal ook volgens die algehele toestand op aarde aangepas wees, slegs meer verdraaglik, omdat hy aan God sal vashou en ‘n beroep sal doen op Sy hulp. Wêrelds gesien egter, voeg die een gebeurtenis homself by die ander en steeds beantwoord dit aan die ontwikkelingsgraad van die mense. Aangesien hierdie ontwikkeling dus ‘n gedurige agteruitgang sal toon, sal growwer vorme van liefdeloosheid ook steeds mekaar opvolg, d.w.s. aardse maatreëls en besluite sal steeds meer onheil vir die mense veroorsaak, die leed en die nood sal steeds groter word, want die mensdom leef sonder God en kan daarom ook maar net sodanige planne ten uitvoer bring as wat God se teenstander hulle voorhou. Daarom sal daar wêrelds geen verbetering verwag kan word nie, want waar ‘n verbetering nagestreef word, moet die liefde die oorhand hê, maar sy is verkoel en die liefdeloosheid bring maar net dit vorendag wat teen God gerig is. Waar ‘n verbetering te siene sal wees, sal dit slegs ten koste van die medemens wees wat daardeur in ‘n nog groter teenspoed gestort sal word. Die aktiwiteite van die Satan gedurende die eindtyd sal gereeld duidelik sigbaar en herkenbaar wees vir almal wat dit wil sien, en die tyd kom steeds nader waarin sy mag vir ‘n lang tyd gebreek gaan word. Tevore het God hom egter volledige vryheid toegelaat, want die wil van die mense was op hom gerig en hulle het selfs sy krag op aarde vergroot. Slegs die mense wat met vrye wil die verbinding met God nastreef, kan hulself van sy mag onttrek, omdat hulle met God se Krag vervul sal wees en die werksaamhede van kragte wat aan God vyandiggesind is, duidelik herken. Alle mense kan hom, wat sonder liefde is, egter herken aan die hand van wêreldgebeure, en deur ernstig te wil, kan hulle hulself van hom losmaak, want God het die wet van die liefde in die hart van elke mens geplaas en die mense verstand gegee om duidelik te kan insien, sodra daar teen hierdie Goddelike wet gesondig word. Daarom laat Hy ook die groot wêreldgebeure so verloop, dat die mense hulle oë kan oopmaak wanneer hulle wil sien. Dit lê by hulleself om te besluit, hetsy ten goede of ten kwade, vir werke van liefde of vir dade van liefdeloosheid, want daarby passend sal weer sy aardse lewe ook meer of minder in die ordening verkeer en sal ook die graad van sy insig wees. Die laaste einde sal nie onverwags kom vir hom, indien hy op die tekens en die wêreldgebeure sal let, wat beantwoord aan die wil van die mensdom, sy loop sal neem nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205