BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 487

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Woord - Toeligting van die verskillende karakters van die ontvangers 5061 My kind, (B.D.) neem My Woorde sonder weerstand en gee jou oor aan hul werking. Aan jou is ‘n opdrag toegewys wat slegs vervul kan word deur ‘n mens wat die verbinding met die geesteryk met hart en verstand tot stand gebring het, wie dus rekening hou met die gevoelstoestand van die mense op aarde, maar daarby egter self die verlange na die geesteryk het. En dit is nodig in die laaste tyd vóór die einde, waarin die mense byna elke verbinding met My verbreek het, waarin die geloof aan ‘n geestelike lewe en ‘n geestelike toekoms, byna heeltemal verlore gegaan het. Ek ken die noodtoestand onder die mensdom en Ek moet, om aan hulle hulp te bring, na middele gryp wat sukses belowe sonder om die vrye wil te beperk. So ‘n middel is nou die toestuur van die suiwer waarheid van bo deur tussenpersone wat in staat is om dit te ontvang, wie egter in soverre tussenpersone genoem kan word, omdat hulle die toegang tot die menseharte makliker vind deur hulle karakter, want hulle moet tog diegene wen wat nog vêr van My af staan. Bedink dit goed dat die mense wat na My op weg is, reeds in ‘n sfeer vertoef waar My werksaamheid makliker herken kan word. Dat die mense wat egter nog vêr van My af staan, hulself buite hierdie sfeer bevind en dat dit daarom nodig is dat iemand tot beide gebiede toegang sal hê, om te spreek soos wat dit vir hulle begryplik is en tog ook spreek oor wat van My uitgegaan het. Ek weet waarom Ek jou (B.D.) uitverkies het vir hierdie taak, omdat Ek die menseharte ken wat eers alles met hulle verstand ondersoek, voordat hulle dit sal aanneem en dat hulle verstand dus nie geïgnoreer mag word om suksesvol op die siele te kan inwerk nie. Die verlossingswerk by sulke mense is veel moeiliker, maar tog nie hopeloos nie, want My genade werk daar waar die oor homself open, sodat My genadegawe ook die hart kan raak. My Wil is nou dat daar van My werksaamheid melding gemaak word, ook daar waar die wêreld nog sterk invloed uitoefen. In die eindtyd sal die verkondiging van My evangelie op die tot nog toe gebruiklike wyse min sukses behaal, indien dit nie al heeltemal onmoontlik is nie. Mense wat in die wêreld staan en ook kontak het met die wêreldse mense, word nie so gou afgewys as hulle in opdrag van My spreek nie, as diegene wat min kontak het, omdat hulle geestelike sfeer reeds ‘n ander een is waarin die wêreldse mense hulself nie in kan verplaas nie en hulself daarom eerder afgestoot as aangetrokke voel. Hierdie gebiede word nou deur gevoelsopwelling gevorm wat dus goed of sleg, liefdevol of arm aan liefde kan wees. Steeds sal die aard van die mens die soort sfeer vorm waarin sy siel nou verkeer. Bestem Ek egter ‘n mens wat My wil dien om ‘n taak te vervul, dan bou Ek self die sfeer om hom heen wat beantwoord aan sy taak, waarin diegene wat My wil dien, met sukses werksaam kan wees vir My en My ryk. Wat nie beteken dat Ek My van ‘n mens sal bedien wat heeltemal buite die geestelike gebiede staan nie, aangesien hulle nie in My Naam werksaam sou kon wees nie. Dog sprei Ek My sluier oor die lig wat te helder en stralend sou deurbreek en juis ‘n sodanige verwarring onder die wêreldse mense sou kon aanrig, dat dit belemmerend sou werk om een van hulle te wen. Ek kies vir My die mense uit vir so ‘n taak wat in hulle wil een met Myne geword het, wat My Liefde begryp het en wat Ek nou as ’n werktuig kan gebruik in die laaste tyd vóór die einde. Ek werk self in hulle en deur hulle. En dit is aan jou (B.D.) as verklaring gegee op die vraag waarom nie alle mense dieselfde gemoedsbeweging het nie en dat ‘n oorvloed van liefdeskrag tog werksaam word wat nie sigbaar is nie. Want Ek sien in die hart en ken die wil van die mens, in welke mate hy My toegedaan is en ooreenkomstig hierdie wil is sy roeping ook vir My Ryk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205