BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 498

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ek het julle nodig – Die sorg van die Huisvader vir Sy knegte 5085 Ek het julle nodig. Die nood op aarde is reusagtig groot en kan slegs opgehef word met julle medewerking, omdat Ek met My Almag nie kan inwerk op die siele van die mense nie, want hul vrye wil moet aangespoor word, waarmee julle sal moet help. Die nood is groot en Ek het maar weinig medewerkers op aarde wat hierdie geestelike nood wil teëgaan. Hierdie weiniges staan onder My beskerming, hulle word met sorg deur My Vaderliefde omring en sal nooit sonder beskutting wees nie. Sou julle weet hoe Ek julle geestelike arbeid waardeer, dan sou julle nie meer die minste twyfel gehad het oor My Vaderlike sorg vir julle nie. Julle sal geen oomblik bang wees nie, maar steeds vol vertroue hulp verwag in aardse nood. Want julle moet die geestelike arbeid ononderbroke verrig. Dus sal Ek ook daarvoor sorg dat julle dit kan verrig, want van hierdie arbeid van julle hang die hulp af vir baie siele wat andersins nie gehelp kan word nie. Die arbeid vir My en My ryk word maar baie ongeërg op aarde uitgevoer, want selde word die geestelike nood in Sy hele totaliteit begryp. Maar weinig mense het insig, slegs weinig mense ken die sin en die doel van die aardse lewe en die sin en doel van die skepping. Maar daarom is weinig mense in staat om hierdie kennis aan hul medemens te verkondig en daarom kan min mense ware verkondigers van die evangelie wees, want by hierdie amp is dit noodsaaklik dat die verkondiger self in hierdie kennis vasstaan. Daaruit sal julle nou kan aflei dat Ek uiters sorgsaam waak oor diegene wat vir so ‘n amp van verkondiger bruikbaar is, omdat hulle hierdie kennis van Myself in ontvangs geneem het. Die reeds misvormde leer is nie ten volle geskik as reddingsmiddel vir die dwalende siele nie, slegs die suiwer waarheid kan aan hulle wins oplewer. Slegs die suiwer waarheid is die middel om die geestelike nood op te hef. En wie nou deur sy wil en sy liefde tot My, ‘n draer van die waarheid geword het, is vir My ‘n troue medewerker, wat Ek waarlik nie wil verloor nie, omdat Ek ook die hoeveelheid dwalende siele nie sou wil verloor nie, maar hulle nog wil terugwen voordat dit te laat is. Ek het julle, My medewerkers op aarde, nodig en Ek sê dit steeds weer vir julle, dat Ek My draers van die lig vir My diens op aarde oplei, omdat hulle in My plek “die ryk van God” onder die mense sal moet oprig, dat hierdie draers van die lig egter ook in My diens staan en dus ook deur My, hul Heer, op elke manier versorg word. Wie dus vir My werk, moet geen aardse sorg vrees nie en hom in volle geloof aan My toevertrou. Hy moet as ‘n kind na sy Vader opsien en altyd seker daarvan wees dat hy ook as ‘n kind deur sy Vader behoed sal word. En die sterkte van sy geloof sal hom ook in elke aardse nood rus gee, wat Ek sal ophef wanneer die tyd daarvoor sal aanbreek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205