BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Toevoer van krag deur die goddelike Verlosser - Die wil tot die goeie 3948 Die wil tot die goeie het ook onvermydelik die toevoer van krag tot gevolg en daarom sal elke mens ook in staat wees om uit te voer wat hy wil, omdat hy deur sy goedbedoelde denke al in verbinding tree met die ewige Gewer van krag, en wie goed wil doen, sal goed kan doen. Die Goddelike Verlosser, Jesus Christus, het dit tot stand gebring deur Sy dood aan die kruis. Hy het vergrote krag en 'n versterkte wil vir die mense verwerf. Hy het die dood oorwin, dit wil sê: die gebonde wil vrygemaak. Hy het die teenstander van God se mag oor die wil van die mens ontneem, sodat die mens in staat is om sy wil vir goeie dade aan te wend. Die verlossingswerk van Christus was van die grootste belang, want die mense was eers in die mag van God se teenstander en kon nie uit eie krag vrykom nie, omdat die wil steeds deur hom verswak is, solank hulle die teenstander nie met die liefde, die doeltreffendste wapen en ook oorwinnaar van die siel se ergste vyand, kon bestry nie. Daarom het God die weg vir die mense gewys deur Jesus Christus. Hy het hulle die krag van die Liefde bewys en deur Sy dood aan die kruis ’n toevoer van krag en versterkte wil vir die mensdom verwerf. So kan die mens wat in Jesus Christus as Verlosser van die wêreld glo, en wie deur die liefde ’n belanghebbende word van die genade wat deur Jesus se dood verwerf is, die teenstander van God te alle tye ontvlug. Dit sal dus vir hom moontlik wees om goed te wil en te handel en hy sal nie weerloos aan die vyand van die siele oorgelewer wees nie. As hy hom na God rig, sal die krag wat nodig is om te doen wat God welgevallig is, hom toestroom. Daarom het die ewige Godheid Homself beliggaam in 'n mens, om alle mense die bewys te lewer dat daar 'n weg is wat hulle kan gaan om vry te word van die duistere mag. Die mense het 'n taak om te vervul op aarde en hierdie vervulling sal nie onmoontlik wees nie, maar vóór die verlossingswerk was die mense in uiterste geestelike nood weens hulle swak wil teen die versoekings van God se teenstander. 'n Sterk wil tot liefdesdade sou weerstand kon bied, maar dit het by hulle ontbreek en daarom het hulle in sy boeie gebly. Die strewe na die goeie het egter slegs denkbeeldige voornemens gebly sonder verwesenliking. En enkeles het hierdie swakheid gevoel en het gely onder die gebonde wil. Jesus Christus het hulle egter verlos deur Sy dood aan die kruis. Hy het die weg gegaan wat almal moet gaan, naamlik die weg van liefde, wat ook die wil tot die goeie versterk, omdat Hy deur die Liefde krag van God verkry het en elke verantwoordelikheid kon bemeester. Hy het die mag van die dood gebreek. Dood is dit wat gekluister op die grond lê, wat kragteloos is en daarom sonder werke bly. Hy het die werk van verlossing volbring, nie net vir die mense van Sy tyd nie, maar Hy het vir alle tye die genade van 'n versterkte wil verwerf vir die mense wat in Hom sal glo en hulle bewustelik onder die kruis plaas. Dit wil sê, wie self tot diegene wil behoort wat Hy gered het van die ewige dood. Dit sal hulle nie aan krag ontbreek nie. Hulle sal goed kan wees wanneer hulle goed wil wees. Hulle sal in liefde lewe, dus poog om die mens Jesus na te volg, omdat hulle Hom erken as God se Seun, as Verlosser van die wêreld, in Wie God in alle volheid was, omdat Hy Homself deur die Liefde volledig met God verenig het en Hy daarom ook mag en krag in oorvloed besit om die vyand van die siele te oorwin, en hom die mag oor mense se siele ontneem het, want slegs die liefde is die middel wat vrymaak uit vyandige mag. Slegs deur die liefde word die mens sterk en magtig en kan hy die vyand van sy siel oorwin. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205