BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Avondmaal 4492 Die eet van die brood en drink van die wyn is 'n teken van wat julle behoort te doen ten einde geseën te word. Julle moet brood eet en wyn drink, dit is om voeding te gee aan julle siele, deur die inneem van die Brood van die Hemel met sy Krag, deur die aanvaarding van My Woord en die onttrekking van Krag daaruit, dus, deur julle siele te voed met die voedsel wat van Bo aan julle gegee word deur My Liefde. Daardeur wil Ek aan julle verduidelik dat die siel net soveel voeding as die liggaam nodig het en dat dit op dieselfde manier as die liggaam gevoed moet word, deur die inname van brood en wyn. Die inname van voedsel vir die siel hang egter nie af van 'n uiterlike gebruik van brood en wyn nie. Die Avondmaal was bloot as vergelyking bedoel om aan My dissipels te demonstreer wat hulle nodig het en wat hulle hul medemens moet bied om saligheid te bereik. Dit het slegs betrekking op die lewe van die siel, en die feit dat die siel nie fisiese brood en fisiese wyn vereis nie, is duidelik. Ek het slegs julle geestelike lewe in gedagte, Ek wou slegs julle siele se lewe verseker en sal dus nie uiterlike formaliteite verwag waar voedsel vir die siel eerder in alle opregtheid vereis word nie. Julle honger en dors na My Woord is genoeg om tevrede te wees met die Brood van die lewe wat uit die Hemel kom, wat in waarheid My Vlees en My Bloed is, wat die siel se oorlewing verseker, wat haar deurdrenk met krag en aan haar dus die ewige lewe gee. Die uiterlike inname van brood en wyn kan nooit voeding vir 'n persoon se siel gee, as hy nie ‘n opregte begeerte vir My Woord het nie, as hy nie deur My gevoed wil word met die Brood van die Hemel nie, want net hy wat My met hom laat praat, sal na My toe kom en gemeenskap met My hou. Hy voed sy siel met die voeding wat haar onderhou en gelukkig maak. Gevolglik kan niemand wat slegs werklike brood en wyn geniet, daarop aanspraak maak dat hy My gas is en voedsel vir sy siel aan My tafel ontvang nie. Slegs mense se halfhartigheid teenoor My Woord, het dit moontlik gemaak om hierdie misverstand uit My Woorde en optrede te vorm, want sodra die mens 'n ernstige poging aanwend om lewe vir sy siel te kry, sal hy outomaties die betekenis van My Woorde verstaan, en dan sal niemand ooit tevrede wees met net die uitvoering van 'n uiterlike daad, wat vir elke denkende persoon 'n figuurlike vergelyking is, wat dit in werklikheid was nie. Die feit dat die mense van My kerk ook in die begin die uiterlike formaliteit gehandhaaf het, was geregverdig in soverre dat hulle in opregte eenheid altyd My teenwoordigheid voorgestel het, dat hulle werklik bymekaar was tot My gedagtenis en My Woord aanvaar het. Ek was tussen hulle en het hulle met My Gees gevul, en sodoende was hulle in Waarheid My gaste met wie Ek Avondmaal geneem het. Ek het die Brood gebreek en dit aan hulle gegee. Hulle het My Woord binne-in hulself gehoor en dit beoefen, hulle het ook die Brood versprei. Hulle het mekaar ingelig oor wat Ek aan hulle geopenbaar het deur die stem van die Gees. Die eerste dissipels het die betekenis van die uiterlike simbool verstaan, maar diegene wat hulle gevolg het, het reeds begin om groter waarde te skenk aan die uiterlike simbool en dit is hoe dit gebly het, en slegs weinig het die dieper betekenis verstaan en het die Avondmaal saam met My geneem, want slegs weinig het innerlik met My verbind, omdat hulle die begeerte gehad het om My te hoor, want My Woord was so heerlik en kosbaar vir hulle, dat hulle gehonger en gedors het daarna, sodat Ek hulle kon nooi om die Avondmaal saam met My te neem, sodat Ek die Brood van die Hemel kon uitdeel en hulle versterk het met die Wyn van die Waarheid tot redding van hulle siele. Enigeen wat so intiem met My verbind is, sal altyd leef tot My gedagtenis, want hy sal My altyd toelaat om teenwoordig te wees, maak nie saak waar hy is en wat hy doen nie, so sal Ek ook altyd teenwoordig wees met hom as 'n gas by elke ete, hy sal My altyd onthou en sal My teenwoordigheid voel deur My Woord. Hy sal so gevul word deur liefde vir My, dat hy dit ook vir sy medemens sal vertel en hy sal deel wat hy besit, geestelike en aardse gawes, want hy sal gedring voel tot dade van liefde sodra hy in innerlike kontak met Die Liefde Self is. Dan sal sy siel voortdurend voeding ontvang en dit ook voortdurend uitdeel, hy sal voortdurend kommunikeer, hy sal in gemeenskap met My bly en ook bewus wees van My teenwoordigheid. Verstaan tog mense, die daad van die Avondmaal is nie net 'n kwessie van 'n oomblik waar brood en wyn uiterlik gebruik word nie; verstaan dat Ek meer verwag as net 'n tydelike verbintenis. Julle harte moet heeltemal voorberei word om My toe te laat, 'n daad van reiniging moes dit voorafgegaan het, wat ’n lewe van liefde vereis, en 'n liefdevolle mens sal ook 'n teken van wederkerige liefde begeer, hy sal begeer om My te hoor praat. en daarom sal hy eers gee, sodat hy uit My hand 'n heerlike geskenk in ruil daarvoor kan ontvang, My Woord as voedsel vir die siel, wat onontbeerlik is vir hom. En indien hy dit begeer, sal hy inderdaad gevoed word, hy sal My Vlees eet en My Bloed drink. Ek sal die Avondmaal met Hom neem en hy met My. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205