BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 331

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hoor van die goddelike Woord - Gedagtes 4700 Slegs deur die innerlike Woord kan julle opheldering kry aangaande vrae wat aardse wetenskaplikes nie kan beantwoord nie. Daar bestaan wel 'n Instansie wat bevoeg is om geestelike vrae op te klaar, maar die weg daarheen gaan die mense selde. Daarom sal ’n antwoord ook maar selde ontvang word wat sal ooreenstem met die waarheid, wat tog slegs deur die Ene gegee kan word vir Wie niks vreemd is nie, Wie alles weet, wat ook hierdie kennis vir julle mense wil gee, sodat Hy herken kan word deur die mense, naamlik: God uit Homself deur die Woord. En wie dit wil hoor, moet God se Liefde verwerf. Hy moet homself tot God neig, deurdat hy self alles sal doen wat God van hom verlang. Dan sal God so naby aan julle kom dat julle Sy stem sal kan verneem, want Hy openbaar Homself deur Sy Woord. Hy uiter Homself teenoor julle. Hy spreek met julle mense in ’n maklike verstaanbare taal. Hy spreek deur julle hart tot julle verstand en gaan in op elke vraag wat julle uitspreek of waarmee julle jul gedagtes mee besig hou. Hy antwoord julle. Sy Woord is dus 'n teken van die verbondenheid van Hom met julle, want julle sal slegs sy Woord kan verneem, indien julle met Hom sal aaneensluit deur middel van gedagtes, of deur werke van liefde. En so het God altyd tot die mense gespreek, solank as wat die aarde bestaan het. Maar toe was Hy slegs makliker te verstaan, terwyl sy stem nou baie selde verstaan word. Hierdie min mense beloon Hy egter met 'n mate wat onbeperk is. Hy wil aan hulle alles uitlê en motiveer, sodat hulle die verkreë kennis aan hul medemens kan oordra vir hul sieleheil. En sodat hulle nie verder sal twyfel nie, gee Hy hulle insae in Sy ewige heilsplan. En so ontsteek Hy 'n lig in hulle, sodat hulle ewiglik nie meer sal terugsink in die duisternis nie. In die Woord kom Hy nader aan die mense, wat hulleself wil laat onderrig. En so bly die Woord steeds die brug tussen God en die mense. Die mens kan dit egter slegs betree indien hy homself terugtrek van die wêreld, indien hy die breë weg vermy wat vir hom bekoorlik voorkom en hom lok om op daardie weg te begaan. Slegs in eensaamheid sal hy die stem van God verneem. Dit wil dus sê dat hy die wêreld moet vermy en sy gedagtes laat sweef in die geesteryk. Dan doen hy wat hy eerstens moet doen, naamlik dat hy homself verbind met God in sy gedagtes. Hy hou ’n tweegesprek met Hom. Hy lê aan Hom die vrae voor wat hom besig hou, terwyl hy sy gedagtes vrye loop gee. En hierdie gedagtes is al uitstralings vanuit die geesteryk. Want die mens kan niks uit homself voortbring nie. Sy verstand is wel in staat om die gedagtes op te neem en te verwerk wat hom toestroom, maar die gedagte self ontstaan nie in die mens nie. Die gedagte tref sy hart, maar vloei vanuit die ryk wat buite die aardse sfere lê. Die gedagte is 'n produk van die gees. Dus 'n krag wat 'n bepaalde vorm aanneem, sodra dit deur die verstand opgeneem word, waarin die verstand deur die hart beïnvloed word om werksaam te word, deurdat sy die gedagtes wat aan hom toegestuur word, nou vorm en 'n sekere ordening daaraan gee. Die werksaamheid van die verstand is die vashou van die gedagtes wat die hart soos golwe tref en ook geen weerklank kan vind wanneer die wil van die mens, deur die drukte van die lewe, die dinkwerk slegs vir wêreldse sake opeis en geen aandag aan geestelike strominge skenk nie. Maar wanneer die mens in stilte gaan en wanneer hy die wêreld die rug toekeer, dan tref geestelike strominge sy hart, wat hy weldadig ervaar en wat die mens dan gretig in ontvangs neem. Deur hierdie bereidwilligheid om te ontvang, vorm die Woord dan. Dit wil sê dat dit sinvol en verstaanbaar tot die mens se bewussyn sal kom wat God Self vir hom wil sê. Hy hoor dus Sy stem in die hart. Die gedagtegolwe word deur die hart opgeneem en na die verstand gestuur. En die mens word in staat gestel om die ontvange geestelike goed ook met sy verstand eie te maak en sal dit ook verstaanbaar aan sy medemens kan uitlê. Dit is 'n proses wat op sigself eenvoudig en ongekompliseerd is. Dit sal net nie deur die wêreldse mens verstaan word nie, omdat hy geen begrip het vir gewaarwordinge van die siel nie. En daarom probeer hy vir homself die dinkwerk suiwer organies te verklaar. Maar waar die gedagte eintlik vandaan kom, is vir hom vreemd. En 'n verduideliking daaroor is vir hom onaanvaarbaar, omdat hy die geestelike glad nie erken nie, omdat hy slegs dit erken wat hy kan sien of vasgryp. Maar God gee altyd weer 'n bewys van kragte waarvoor die menslike verstand geen mag oor het om te verklaar nie. En oor alles gee Hy opheldering deur Sy Woord. Wie die Woord van God tot homself laat spreek, sal oor 'n omvangryke kennis beskik, want daar bestaan dan niks wat vir die mens vreemd bly nie. En so kan die mens sy kennis uitbrei. Hy kan tot alles deurdring en aan homself opheldering gee waaroor hy opheldering begeer. Want God stel vir die mens geen grense nie, sodra hy homself met die Gewer van die kennis en die waarheid in verbinding stel en homself deur Hom laat onderrig, sodra hy glo dat God Self tot hom spreek deur die hart. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205