BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Keer jou na binne - Losmaak van die wêreld en materie – die resultaat is waarheid 3968 Hoe groter ‘n person se begeerte na Waarheid is, hoe dieper sal hy die Waarheid binnedring. Vir God, as die Gewer van Waarheid, is niks onbekend nie en daarom is Hy op hoogte van elke vraag wat in ‘n persoon se hart opkom; en so kan julle mense julle kennis maklik vergroot wanneer julle maar net vir God, Wie die Ewige Waarheid is, sal toelaat om julle aan te spreek, dus wanneer julle aandagtig sal luister na julle innerlike stem, wat julle altyd korrek sal onderrig. Julle moet die antwoord in julleself soek, julle moet dit nie van buite verwag nie, dan sal julle regstreeks onderrig kan word en julle sal verseker wees dat dit die absolute waarheid is. Daarom moet julle aandag gee aan wat Hy tot julle spreek: Wil julle My of die wêreld dien, wil julle My guns wen of wil julle in aansien staan by julle medemens? Slegs julle wil bepaal julle handeling en mees innerlike gedagtes en daarom sal julle geestelike wedergeboorte slegs kan plaasvind, wanneer julle deur ‘n uiterste verlange om in kontak met My te wees, beweeg word, wanneer julle My sal soek en julself ten volle van die wêreld onttrek het om met My te verenig. Maar hoe kan julle egter van die wêreld onttrek, want julle leef tog in die wêreld en het wêreldse verpligtinge wat julle nie kan verwaarloos nie? Hoe kan julle ‘n innige verhouding met My tot stand bring, terwyl julle saam met mense leef waar julle hulp telkens vereis word? Slegs deur ’n inkeer na binne, deur jouself terug te trek in afsondering, wat oral en enige tyd kan plaasvind, afhangende van julle wil en wat meer ernstig en ongehinderd sal wees hoe minder uiterlike indrukke julle in julself sal opneem. Die mees innige verbinding met My vereis julle onttrekking van alle materie, want Ek, as suiwer ewige Gees, staan buite die materie, alhoewel materie op sigself My gekonsolideerde verharde krag is, is dit altyd op ‘n bepaalde afstand van My af. Elkeen wie My soek en wil vind, moet sy wil vooraf van materie afwend en omdat hy tog nog binne die materie vertoef, aangesien hy self ‘n materiële omhulsel het, moet hy homself in sy diepste innerlike wese terugtrek. Dan sal hy My vind en die volledige losmaak van materie sal dan plaasvind wanneer die liggaamlike oog van alle eksterne indrukke beskerm word, wanneer die oë sluit en geen fisiese beelde meer ontvang word nie, want hulle word in die siel van die mens weerspieël en sy stille konsentrasie en eenheid met sy gees word daardeur versteur. Gees en materie is teenoorgestelde konsepte en sal altyd in opposisie met mekaar bly en aangesien Ekself as suiwere Gees in julle aktief wil wees, moet julle eers hierdie innerlike skeiding van materie bereik, dan sal julle nader aan My kan kom, maar julle sal nooit ‘n nabye kontak met My kan kry solank julle oë en gedagtes deur uiterlike indrukke gevange gehou word nie. Ek wil dat julle slegs na My teenwoordigheid sal verlang, dat julle geen plek vir iets anders in julle harte sal hê nie en dat julle julle wilskrag sal versterk om alle aardse dinge ten koste van My en My aanwesigheid op te gee, dat julle julleself geestelik van alles sal losmaak wat My teëstaan. En welke materie dan ook teen My gerigte gees is. Ek wil ook dat menslike gebruike vermy word waar moontlik, want hulle breek die innerlike konsentrasie af as hulle nie gedagteloos waargeneem word nie, of as dit outomaties uitgevoer word, is dit in elk geval waardeloos. Elkeen wie My opreg soek, moet eers sy kontak met die wêreld verbreek. En alles wat nie geestelik is nie, behoort tot die wêreld, wat met die aardse materie verwant is, wat deur die menslike verstand opgeneem word, dus alles wat die siel gevange hou, wat haar verhinder om met die gees in haarself te verenig. Eers wanneer hierdie skeiding voltrek word, sal sy in staat wees om met My te spreek soos wat dit My wil is, sodat Ek Self met My Liefde en genade in die harte van die mense werksaam kan word. Ek is lief vir die stille, diepe verering; dit kan nooit deur uiterlike gebruike en werke vervang word wat die mens se gedagtes onwillekeurig beïnvloed nie, wat sy aandag aflei van dit wat essensieel is en die suiwer geestelike kontak met My beïnvloed. Ek kyk in die hart van elke persoon en het waarlik geen uiterlike bewys van julle liefde vir My nodig nie. En afhangend van hoe julle My benader, sal julle deur My Liefde en genade in ag geneem word en julle bepaal self die omvang daarvan. Alhoewel julle nie verkeerd handel deur uiterlike seremonies uit te voer nie, deur menslike gebruike waar te neem nie, maar berokken julle vir julleself skade deur die stroom van My Liefde en genade self te verminder solank as wat daar enige ander gedagtes nog plek in julle harte vind. Julle moet My in Gees en in Waarheid benader, dan sal Ek dit gunstig beskou en dan sal julle die seën van so ‘n innerlike kontak in julleself voel, dan sal julle My teenwoordigheid voel en julle sal geluksalig wees. Tog sal julle diep deemoedig in julle geluksaligheid bly, omdat julle van die buitengewone genade bewus sal wees wat aan julle verleen word, omdat Ek My intrek in julle harte geneem het en die deemoed sal julle mate van genade vergroot. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205