BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Begrawe van die strydbyl - Laaste fase 4001 Wêreldsake word bepaald deur hoër wette, alhoewel die mens ‘n groot rol daarin speel. Die Wetgewer van ewigheid lei en heers Self en Sy plan van ewigheid neem die gevolge van die menslike wil in ag. So sal die strydbyl klaarblyklik begrawe word, maar die vuur sal nog nie geblus wees nie, dit sal aanhou gloei, slegs om skielik as ‘n magtige vuur uit te breek met verwoestende gevolge. En dan sal dit in vervulling gaan wat deur die stem van die Gees voorspel is. ‘n Nuwe hoofstuk in die lewe van die mense sal dan begin, voordelig vir hulle wat die aardse lewe nie te hoog aangeslaan het nie. Gelukkig vir hulle wat die wêreld van skyn herken het en nie haar slaaf geword het nie. Gelukkig vir hulle wat op hoogte was van die sin en doel van die lewe, wat ’n hoër doel nagestreef het as die blote vervulling van wêreldse begeertes en genot. Hulle sal die bestaanstryd wat die daaropvolgende tyd behels, opneem. Hulle sal oorwinnaars word en bly. Die mensdom sal ‘n nuwe fase binnegaan, ‘n moeilike stryd sal vir die individu begin, hy sal groot aardse teenspoed moet verduur en hy sal geestelik moet standhou gedurende die grootste stryd, die laaste geloofstryd wat die einde sal voorafgaan. En dit sal onherroeplik gebeur soos wat voorspel is, omdat die tyd verby sal wees en die geestelike laagtepunt dit tot stilstand sal bring. Die laaste dag sal die ontwikkeling van alle geestelike substans op aarde afbreek, sodat dit verder kan gaan op die nuwe aarde. Die mensdom sal binnekort hierdie laaste fase ingaan, en die goed ingeligte, die geestelik kundige persoon, sal dit aan die hand van die vordering van wêreldgebeure herken. Want die wêreldgebeure moes vooraf eers hul gang gaan, die vuur moes opnuut aangeblaas moet word, sodat die nood ’n hoogtepunt kan bereik, om sodoende God se ingryping te regverdig, sodat God Self die strydendes kan teregwys, deur die wapens uit hul hande te wring en oor alles ’n geweldige onheil te laat kom, sodat alle mense hul oë sal wend na die lande waar God duidelik gespreek het. Want Hy sal Homself bekendmaak, Hy sal in ‘n taal spreek wat vir elkeen wat kan verstaan, duidelik sal wees. Hy sal Hom aan die gelowiges openbaar. Hy sal in die Gees by die mense wees, Hy sal onder hulle werksaam wees en krag gee aan hulle wat vol geloof is, want hulle sal Sy teenwoordigheid nodig hê, asook Sy hulp, omdat die tyd van nood hulle ook sal tref en die stryd teen die gelowiges steeds groter sal word, hoe nader die einde kom. Die laaste fase sal slegs van korte duur wees, maar sal uitermate swaar op die mensdom druk en sal slegs draaglik wees met God se hulp. Almal wat egter in en met God lewe, wie Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, sal die stryd oorleef omdat hy nie alleen sal wees nie. Hy sal God se teenwoordigheid aanvoel en sal altyd kan krag put uit Sy Woord, wat Hy in Sy liefde oorgedra het, omdat die mense aan God getrou gebly het en sal volhou tot die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205