BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 525

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Krag van voorspraak 5161 Die krag van voorspraak vir die oorledenes moet julle aan al julle geliefdes gee wat van julle af heengegaan het, dit maak nie saak in welke graad van rypheid julle meen dat hulle is nie. Want hulle het almal nog krag nodig en is dankbaar vir alle hulp. Dit is ‘n blye gevoel as julle siele uit die diepte na bo gehelp het en julle sal dit eers besef wanneer julle self in die ryk hierna aangekom het en die nood sien waarin baie siele smag. En wel, omdat daar nie vir hulle gebid word nie, omdat hulle geen mense op aarde het wat hulle in liefde gedenk en hulle die krag laat toekom wat hulle nodig het om opwaarts te gaan nie. So gou die siele eenmaal die krag van die liefde ondervind het en hierdie krag benut, werk hulle met ‘n enorme ywer. Maar die eerste aansporing moet aan hulle gegee word deur liefdevolle voorspraak vanaf die kant van die mens, omdat dit hulle eerste beroer en hul denkrigting verander. Hierdie voorspraak moet egter bewustelik gedoen word, d.w.s. met die bedoeling om die siele te help in hul opwaartse ontwikkeling. Julle mense moet weet dat julle voorspraak waarde het en julle moet julleself nou met die nood van hulle wat oorlede is vertroud maak en uit ‘n liefdevolle hart ‘n gebed stuur om ‘n gawe van krag vir hierdie siele. Hierdie gawe sal hulle dan sekerlik gewaarword en ook die liefde wat na hulle uitgaan dankbaar ervaar en dit sal hulle daartoe bring om lief te hê, wat nou op hul omgewing uitstraal en as ‘n swak lig en dit doen alle siele goed. Julle mense kan so buitengewoon aktief meewerk aan die verlossing, as julle maar die wil sal hê om leed en nood te versag. Want hierdie wil sal julle aanspoor tot gebed wat uit die hart kom en slegs dit het verlossende krag. Alles wat julle doen moet julle bewustelik doen. Nie as uiterlike vorm of lippediens nie, want dit het geen uitwerking nie, omdat die oortuigde wil om te help nie aktief is nie. Slegs die liefde verlos, dit moet steeds weer vir julle gesê word. Met die liefde kan julle onvoorstelbaar baie bereik. Julle kan deur liefderyke voorspraak soveel stralende lig in die duisternis inbring, dat daar vele siele sal saamkom en deur hierdie ligstraal aangeraak word, steeds met die gevolg, dat daar ook in hulle ‘n gevoel van liefde sal ontwaak wat werksaam wil wees. Liefdevolle voorbede is ‘n enorme kragstroom wat sy uitwerking nooit sal mis nie. Neem al julle geliefdes in hierdie voorbede op, roep hulle in julle gedagtes na julle toe en vertel hulle dat julle hulle wil help en dat hulle kalm en sonder weerstand julle hulp moet aanneem. Onderrig hulle in gedagtes dat hulle ook opwaarts kan gaan, as hulle die krag wil gebruik wat julle hul deur julle voorbede laat toekom het. En wys hulle steeds op Jesus Christus. Slegs Één kan hulle verlos en hierdie Een kan slegs deur liefde gewen word. Daarom, vertel hulle dat hulle met die krag wat hul gegee is weer ander siele moet help wat netso in groot nood is, dat die liefdeswerk wat aan die siele gedoen word, hulle steeds nader sal bring aan Jesus Christus, wat dan almal mededoënd na Hom sal rig en hulle sal binnevoer tot in die ryk van lig. As julle een siel gehelp tot die korrekte gebruik van die krag wat sy ontvang het, dan is haar opwaartse styging verseker. Dan het die swakke wil en die kragteloosheid verdwyn en sy gaan dan ywerig opwaarts en trek talryke siele saam met haar na bo, omdat sy haar insig nou ook aan andere oordra. En so het een enkele voorbede ‘n onvermoede seën tot gevolg. Julle mense op die aarde moet nie die krag van voorspraak onderskat nie, maar dink steeds daaraan dat dit uit ‘n liefdevolle hart moet kom om werklik kraggewend te wees. En sluit al julle geliefdes in, want hulle het almal nog krag nodig en sal julle ewiglik dankbaar wees wanneer julle hul nog swakke krag laat toeneem en in liefde aan hulle dink. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205