BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Dag van die oordeel - die duiwels van die eindtyd 3657 Die dag van die oordeel sal alles beëindig, goeie en bose werke op hierdie aarde, soos dit verkondig is in Woord en Geskrif. Dit sal 'n verskrikking wees vir die bose, vir die duiwels van die eindtyd, wat as mens beliggaam is en op aarde vertoef, soos dit egter ook 'n dag van vreugde en oorwinning sal wees vir die mense wat te alle tye die goeie nagestreef het, wat My herken het, ten spyte van die ergste woede van die duiwels, wat onder die heerskappy van satan staan. My geregtigheid sal geopenbaar word, niks sal verberg kan word nie, niks sal onder valse skyn bly bestaan nie, elke daad en elke gedagte sal openlik tevoorskyn kom en Ek sal die mense oordeel volgens hul lewenswandel. Alle nood sal tot ‘n einde kom vir Myne, maar die groot nood sal dan eers begin vir hulle wat gebonde is aan My teenstander, en dit is hul verdoemenis, dat Ek hulle weer gevange sal neem, dat hulle - van hulle vrye wil ontneem - weer in die hardste materie sal moet smag vir ‘n eindelose lang tyd. Die duiwels van die eindtyd kan egter voorlopig geen erbarming meer verwag nie, want hul woede teen My en Myne is te erg en sal die hardste straf vir hulle meebring. Tewens is 'n verandering van hul gesindheid op hierdie aarde nie meer moontlik nie, want hulle is te diep weggesink en die geestelike toestand is weer naby, wat My beweeg het om ‘n skepping vir gevalle gees te laat ontstaan en dus moet hulle weer die gang deur die skepping aflê, terwille van ‘n moontlikheid om uit vrye wil nader aan My te kom. Dit is die inleiding tot die laaste oordeel en is ook die afsluiting vir die siele wat hul weerstand teen My definitief opgegee het, wat uit vrye wil hulself na My wend en My welgevalle op aarde probeer verkry. Dus word die goeie van die slegte geskei en voor die oë van alle mense op aarde sal hierdie gebeurtenis van vernietiging homself afspeel en dit sal 'n groot ontsteltenis wees vir alle aardbewoners, want Myne neem Ek vooraf weg. Ek neem hulle in lewende lywe van hierdie aarde af weg en plaas hulle oor na 'n oord van vrede, totdat die hervorming van die aarde voltooi is, wat dan weer vir hulle tot verblyfplek sal dien. Die einde is naby en julle almal sal moet vrees vir die uur van die oordeel, wat julle nou uittart en bespot, en nie meer glo aan die geregtigheid van Diegene wat julle die lewe gegee het nie. Die uur moet julle vrees en alles daarvoor gee, sodat dit nie vir jou 'n uur van verdoeming word nie. Glo dat die tyd naby is wat Ek deurentyd aangekondig het en berei julle daarop voor, want die tyd wat julle jy nog is gegee vir julle lewenswandel op aarde, is buitengewoon kort. Dit is slegs nog 'n laaste fase, wat ook uitermate vol leed sal wees en herkenbaar is daaraan, dat julle in die eindtyd leef en die einde geen uitstel meer duld nie, want wanneer die duiwels self op aarde tekere gaan, beëindig Ek hulle bestaan. Dat die duiwels woed, sal julle almal daaraan kan herken dat hul doen en late teen My gerig is, dat alle liefde verdwyn het, dat die mense in die grofste liefdeloosheid mekaar skade berokken, dat hulle as duiwels onder mekaar tekere gaan en elke goddelike ordening buite rekening laat. Waar die liefde egter verdwyn, is die ryk van My teenstander en hierdie ryk sal Ek vernietig wanneer die laaste dag aangebreek het, wat Ek as einde beskou het sedert ewigheid, in die besef van die wil van die mense en hul geestelike laagtepunt, wat getuig daarvan dat hul aan My teenstander behoort. Ek roep julle almal baie duidelik toe: Dink aan die nabye einde. Berei julle voor sodat julle aan Myne kan behoort. Laat julle nie deur die duiwels verlei nie, maar bied weerstand teen hulle, sodat julle nie aan die oordeel onderhewig sal wees nie, want die laaste dag is nie meer vêr nie. Dit sal julle verras, indien julle geen ag sal slaan op My Woord, indien julle nie glo nie. Ek wil julle waarsku voordat dit te laat is en stuur met hierdie doel My bodes na julle toe, wat aan julle My Woord moet bring, wat die Waarheid is en sal bly tot in alle ewigheid, want dit gaan uit van My, Wie die ewige Waarheid Self is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205