BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 551

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Liefde het die verlossingswerk volbring 5215 Ek het vir julle gesterf aan die kruis. My Liefde vir julle het geen grense nie en het ontbrand in die mens Jesus tot ‘n sterkte wat die vergoddeliking van Sy Siel bewerkstellig het, ‘n toestand wat Hom bo die menslike aardse sfeer uit verhef en Hy het één geword met My. Slegs so ‘n sterk Liefde was in staat om die kruisoffer te bring, want andersins sou Hy as mens dit nie kon volhou nie, as die Krag van die Liefde Hom nie versterk het nie. Hy het die kruisdood as mens gesterf en tog was dit Ekself, Wie Hom aan julle mense oorgelewer het aan die kruis, want die mens Jesus het in die Liefde gebly totdat Hy Sy Gees prysgegee het. Die Liefde het dus die offer gebring en die Liefde was Ekself. Dit is ook ‘n geheimenis en sal dit bly solank die aarde bestaan en julle die verlossingswerk met aardsgerigte denke beoordeel. Die mens Jesus het gesterf aan die kruis. Ek Self het na die aarde gekom om julle te verlos. ‘n Skynbare teenstelling en tog is dit die waarheid wat so lank onbegryplik sal wees, solank julle nie sal kan begryp dat Ekself die Liefde is nie, dat die Liefde die Oersubstansie is van die ewige Godheid en dat die Liefde dus die werk volbring het wat die mensdom moes verlos van die sonde. Die Liefde egter was in die mens Jesus, derhalwe sterf ‘n mens die kruisdood, maar dat hierdie mens al goddelik was, bewys die oormaat van Sy lyding, waaraan Hy nie vroeër beswyk het nie. Sy Liefde vir die mensdom was so groot dat Hy begeer het om te ly om hulle te help. Hy het ‘n Bomenslike maat van lyding op Homself geneem, wat alleen al voldoende sou wees om ‘n menslike liggaam die lewe te ontneem, maar die Krag van Sy Liefde het die liggaam solank in die lewe gehou, totdat sy vyande Hom “hemelhoog” verhef het, totdat hulle Hom aan die kruis genael het, totdat die hoogtepunt van sy lyding bereik was. Hy wou die mense hierdie skanddade laat uitvoer waartoe My teenstander hulle aangehits het, om hulle ook te laat sien dat die mag van ‘n Seun van God ook oor die dood heen reik, dat Hy ook Heer was oor die dood. En die hele mensdom moes van sy dood op hoogte gebring word, indien hulle verlos wou word. Hy was deur Sy Liefde tot op die einde met My, die Vader verbind, maar Sy beangste Siel het My nie meer herken nie, Hy het My buite Homself gesoek en daarom het Jesus hierdie woorde uitgeroep: “My God, My God, waarom het U My verlaat?”. Die magtige Godheid het Hom slegs teruggetrek, maar die Liefde was en het in Hom gebly. Die Liefde was wel krag in Hom, maar Jesus het hierdie krag nie meer gebruik om Sy kruisiging te verhinder nie, slegs om dit nog maar mee te maak, omdat Hy dit wou belewe om My as mens te dien en vir die medemens te ly en te boet. Daarom het Hy bewustelik gely en het ook bewustelik gesterwe, daarom bid Hy tot My vir ontferming vir Sy beule (laksmanne) en in volle bewussyn spreek Hy die woorde: “Vader, in U hande beveel Ek My Gees”. Die band tussen Homself en My het Hy ewiglik gehou, want Hy kon Homself nie meer losmaak van Hom, met Wie Hy een geword het deur die Liefde nie. En daarom was Ek in Hom en Hy in My, daar bestaan geen skeiding tussen ons Beide nie, omdat die Liefde, die oersubstansie van Myself ook vir Hom heeltemal vervul het en Ek dus by en in Hom moes wees, ofskoon Ek as Krag passief gebly het, totdat die mens Jesus Sy werk volbring het. Hy en Ek, Ons is één en wie Hom sien, sien die Vader, want die Vader is die Liefde en die Liefde was in die Seun. Maar die Liefde kon nie sterwe nie en dus het Sy op die derde dag weer opgestaan en Sy het ook Sy liggaam weer tot lewe gebring, wat deur die lyding van Jesus heeltemal vergeestelik was en geen vêrdere ontwikkelingsgang op aarde meer nodig gehad het nie. So het die Liefde die dood oorwin, die goddelike Verlosser oorwin die Satan, die Lig breek deur die duisternis heen en die weg na die ewige Lig word vry. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205