BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 506

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God se Woord is die doeltreffendste genadegawe 5104 Wie dit begeer, sal My genade deelagtig word. En die mate van My genade is onbeperk, omdat Ek die mense liefhet en hulle wil help om geluksalig te word. Maar sonder genade kan geen mens gered word nie. Dus sal julle alle hulpbronne moet gebruik wat dien om die genade te verkry. Julle sal moet bid vir die toevoer van genade. Julle sal alle hulp van My af moet vra. Julle sal ook self genade moet verwerf deur 'n lewenswandel in liefde. Julle sal altyd welgevallig aan My moet lewe op aarde om daardeur ‘n kandidaat te word vir die genadeskat wat julle almal ter beskikking staan, maar wat ook bewustelik afgesmeek moet word, omdat dit andersins sonder uitwerking in julle sal wees. Julle sal Jesus Christus, die goddelike Verlosser, moet aanroep, wat in ’n sekere sin die skatbewaarder van die genade is wat Hy self aan die kruis vir julle verwerf het. Julle moet van julle swakheid bewus wees en hulp inroep, sodat julle die hoogte kan bereik waartoe julle nooit alleen in staat sou wees nie. Ek het My skepsels lief en wil dat hulle lewe, en nie die dood ten prooi val nie. Maar lewe vereis krag en omdat dit gaan oor die lewe van die siel, moet hierdie krag toegevoer word, omdat julle andersins sal ondergaan en in die geestelike dood sal wegsink. Maar Krag kan slegs daarvandaan kom, waar Sy Haar oorsprong het, vanaf My, die ewige Oerbron van Lig en Krag. Gevolglik sal julle julself tot My moet wend en vra vir krag, of dit verwerf deur werke van liefde, omdat julle julle daardeur met My verbind en dus die krag direk ontvang van My, die ewige Liefde. En Ek deel haar uit. Ek gee aan elkeen wat daarvoor vra. Want vra is die voorwaarde wat julle 'n eindelose toestroming sal verseker. Ek sal julle krag gee, wel regstreeks of indirek. Maar die doeltreffendste genadegawe, die gawe waaraan julle regstreeks krag vanaf kan onttrek, is My Woord. Dit is die uitstroming van My Liefdeskrag en gevolglik die sekerste middel om opwaarts te klim. Oor hierdie Woord het Ek My seën uitgesprei. En elkeen wat hom aanneem, sal die wonderlike uitwerking van My Woord in hulself ervaar. Julle mense het almal baie krag nodig en dit is 'n besondere genade dat Ek My Woord aan julle oorbring, ook sonder julle wil, sodat julle dit in ontvangs kan neem. Maar dit kan eers in julle werksaam word, wanneer julle bewus sal wees van julle toestand van swakheid en in die ontvangs van My Woord hulp en hoop sal soek. Dan het die Woord vir julle tot 'n skenker van krag geword. Die Woord is 'n buitengewone skenking van genade vir julle, omdat hy buitengewone krag bevat wat elkeen in ontvangs kan neem wat opmerksaam luister wanneer dit vir hom aangebied word en hy dit ywerig in sy hart bedink. My Woord is die verbinding tussen My en julle mense. Ek het na julle toe afgekom, omdat julle nie uit eie krag na My omhoog kan kom nie. Want die weg na My is eindeloos lank, terwyl julle nog swak is. Maar waar die krag van My Liefde julle bystaan, sal julle julle doel sonder moeite bereik. Maar wie My genade versmaai en gevolglik ook alles wat van bo kom, as 'n duidelike teken van sy ongeloof verwerp, kan nie salig word nie. Want in sy swakheid kan hy homself nie van die grond af verhef nie, - waarop My teenstander hom gewerp het toe hy My verloën het. En 'n verloëning van My is ook wanneer My Woord nie erken word as uitgaande van My nie, wanneer die mens homself nie in sy arrogansie buig voor sy Skepper nie, wanneer hy Sy barmhartige hand nie aangryp nie, wanneer hy meen dat hy Sy hulp nie nodig het nie en daarom ook geen genade en krag kan ontvang nie. Dan bly hy swak en onbekwaam om die weg omhoog te gaan. Dan word hy erg belas met die sonde van aanmatiging wat hom teen die grond sal druk. En dan kan geen hulp hom ten deel val nie, omdat hy homself nie wil laat help nie. Want sonder My genade kan niemand salig word nie Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205