BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die tweede koms van Christus 3768 My geboorte op aarde het plaasgevind op 'n tyd van algehele ontwrigting van die denke, in 'n tyd van die grootste liefdeloosheid en die diepste ongeloof. Dit het gebeur in 'n tyd waarin die mensdom totaal van God verwyder was. Ek het toe Self na die aarde gekom, om die mense te help in hul geestelike nood. Dit was nie die aardse noodtoestand van mense wat My daartoe gebring het nie, maar slegs die geestelike nood, want dit sou 'n versekerde ondergang beteken het vir ewige tye. Ek het Self na hulle gekom, omdat die geskrewe woord sonder uitwerking op hulle harte was. So het Ek toe Self gekom en hulle die Woord gebring deur middel van die Mens Jesus, in Wie Ek verblyf geneem het en deur Wie Ek dus gepraat het, omdat niemand gered kan word sonder My Woord nie. Soos dit ten tye van My koms uit die hoogte op die aarde was, so is dit nou weer op die aarde. Daar is dieselfde groot geestelike nood. Dit is 'n toestand sonder hoop vir die mensdom, indien hulle nie van hulp voorsien word nie. Die liefdeloosheid het die oorhand gekry, die geloof het verstar en die geskrewe Woord het geen betekenis meer vir die mense nie, want hulle gee geen aandag meer daaraan nie en hulle kan daarom ook nie self bevry word uit hulle nood nie. Daarom sal Ek weer na die aarde kom, Ek sal nou net in die Gees onder die mense vertoef, soos wat Ek dit verkondig het, dat Ek by Myne sal bly tot aan die einde van die wêreld. Ek sal in die Gees by hulle wees en gee Myself in hulle te kenne deur die Gees. Ek bring hulle weer My Woord. Ek spreek tot die mense en die wat van goeie wil is, sal My Woord ook kan herken. Wat is meer verstaanbaar as dat Ek die mense nie sonder hulp sal laat nie, en hoe anders kan hulle hulp gebied word, as dat Ek Self tot hulle spreek? Vir daardie doel moet Ek My van 'n mens bedien, Ek kan net deur die mond van 'n mens praat, om die toestand van die mense nie erger te maak nie, dus hul vryheid om te glo van hulle ontneem, wat enige verbetering van hul geestestoestand sou verhoed. My Woord moet weer in alle reinheid aan die mense gebring word, soos dit van My Self uitgegaan het, sodat dit ook by die mense werksaam kan word. Omdat Ek Self die Woord is, kom Ek na julle toe, Ek vertoef geestelik onder julle. Ek daal weer af na die aarde om hulp te bring, en wanneer Ek tot julle spreek, stel Ek julle ook in kennis van die tyd wat julle tegemoetgaan, want Ek wil dat julle op hoogte sal wees van die groot verantwoordelikheid wat julle vir julle siele dra. Daarom spreek Ek tot julle en Ek wys ook op die einde. Ek spoor julle aan en waarsku julle, Ek gee julle raad en opheldering oor alles wat nodig is om te weet en My teenwoordigheid is onweerlegbaar vir elke denkende mens. Wie in My glo, sal ook nooit meer 'n verbinding van die Skepper, met dit wat Hy geskep het, kan ontken nie, dus sal dit vir hom ook vanselfsprekend wees dat Ek oral sal vertoef waar 'n mens hom nie teen My teenwoordigheid verset nie. Hy sal dan ook glo dat Ek My teenwoordigheid aan die mense wil bewys deur My Woord, wat direk van My uitgaan en dus van My getuig. Ek is by julle in die Woord, dit is My tweede neerdaling vanuit die hoogte na aarde, wat Ek voorspel het sal plaasvind voor die einde, en dus sal julle ook met sekerheid die einde kan verwag, want Ek Self sal vir julle die tekens aandui wat die laaste tyd sal voorafgaan. Alles sal vervul word wat Ek verkondig het in Woord en geskrif, want My Woord is waarheid en sal so bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205