BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wederkoms - Die definitiewe einde 3708 My koms in die wolke word voorafgegaan deur die grootste lyding wat die aarde nog ooit gesien het, soos wat dit verkondig is in woord en geskrifte. Daarop wys Ek die mense voortdurend en het dit gedoen sedert die begin van die tydperk, om almal wat nie die regte pad bewandel nie, baie heftig tot bekering te vermaan. Vanweë hierdie mense, laat Ek steeds van tyd tot tyd plae oor die aarde kom, wat die naderende einde in hulle gedagte moet oproep, sodat hulle ernstig besorg sal wees oor hulle siele en dan sal verander. Die definitiewe einde het egter nog nie gekom nie, die tydsduur wat Ek, volgens My plan van ewigheid, vasgestel het vir die verlossings periode, is nog nie bereik nie. Die aarde is nog nie gereed vir daardie laaste vernietigingswerk nie en netso is die siele van die onverbeterlike mense nog nie gereed vir die volledige ondergang nie, d.w.s. om hulle opnuut te kluister in die skeppings van die nuwe aarde nie. My voorspellings word steeds weer vervul in tye van groot geestelike nood, daar kom groot rampe en groot nood oor die aarde, sodat in elke tyd van nood, die einde gevrees moet word. Dit was egter My wil dat die tyd van die finale einde vir die mense steeds ‘n geheim sal bly. Sulke tye van nood ook min of meer nuttig vir die mense wat daardeur geraak was, omdat hulle weer die weg na My toe gevind het en ‘n ander verhouding tot My verkry het as tevore. Desondanks sal hulle steeds weer in die kwade verval. Hulle sal dus steeds hardkoppiger en steeds groter word daardeur, so ook hulle afstand van My af en hulle weerstand teen My. Sodoende het die tyd nou gekom waarin geen voorspellings, geen vermanings en waarskuwings meer sal help nie, waarin die mensdom nie ook onder die indruk kom van die ergste aardse leed nie, d.w.s. ook dit bring nie teweeg dat die mense My sal herken en tot My in die ware verhouding kom nie. Hulle wil van My afgekeer bly en hulle is alleen nog aardsgesind en streef na geen enkele geestelike vooruitgang nie. Al is die nood hoe groot, het dit nie die vermoë om die denke van die mense te verander nie en sodoende het nou die tyd van die einde onherroeplik gekom soos wat Ek dit van ewigheid af voorsien het. Die aarde het opgehou om ‘n verblyfplek te wees van die geestelike om hulself te ontwikkel, vir die mensdom wat op hom lewe, en sal daarom opgelos word en totaal omvorm word in sy skeppings, sodat daar dan op die nuwe aarde ‘n nuwe verlossings-periode kan begin. Daar sal egter nog eers groot leed oor die aarde kom sodat die laastes, wat My stem herken, nog versamel kan word. Hulle wat Myne is, moet ook die leed meemaak, wel deur My op buitengewone wyse versterk, maar daardeur tog aangeraak, sodat hulle met verlange My koms, wat Ek verkondig het, kan verwag, steeds en voortdurend, voor die einde van hierdie aarde. As die nood ondraaglik sal word en die gelowiges hulle in die grootste verdrukking sal bevind en op die aarde geen redding meer te sien is nie, sal Ekself kom. Daar sal ‘n gejubel wees onder hulle wat Myne is wanneer hulle My in alle Heerlikheid voor hul oë sal aanskou; egter nog deur wolke omhul, wat die krag van My lig demp, sodat hulle wat Myne is, wat nog deel uitmaak van die aarde, My kan verdra. Hulle sal egter jubel en juig oor die vervulling van My woord. Die vorige groot nood, wat Ek steeds weer aankondig deur My sieners en profete, deur My dienaars op aarde, het hulle geloof versterk omdat alles so gebeur het soos Ek dit voorspel het, en sodoende verwag hulle vol vertroue My koms in die wolke. Tog kom Ek skielik en onverwags, ook vir hulle wat Myne is, want Ek verkort die dae van nood omdat dit ondraaglik sal word. Ek wil nie dat Myne faal in die aangesig van die groot verdrukking nie, daarom kom haal Ek hulle na My ryk op die geskikte tyd voor die einde. Want My woord is waarheid, net soos wat die tyd van die definitiewe einde nou ook gekom het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205