BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Roep My aan in nood - Diepte van die geloof 3681 In tye van nood hoef julle My net vol vertroue aan te roep en Ek sal nader aan jou wees as ooit. Elke verbinding met My d.m.v. gedagtes, het My nabyheid vir jou as gevolg, want Ek is 'n Gees Wie julle in kleine mate in julle dra. As jou oproep tot My uit die diepste van die hart kom, is dit die geesvonk in jou wat na My, die Vadergees van ewigheid snel, wat nie van My te skei is nie en wat My dus na hom toe trek. Weliswaar is Ek altyd naby aan jou, maar slegs merkbaar as jou wil bewustelik op My afstuur en jy My teenwoordigheid afsmeek. Julle sal My nabyheid in so ‘n mate bemerk, dat daar vanuit jul binneste 'n Sabbatsrus oor julle sal kom wat in die vaste geloof in My en My hulp gegrond is. Roep My aan in nood en Ek sal jou verhoor. As jy dus glo dat Ek bestaan en dat Ek jou bemin, dat niks vir My Mag en My Wil onmoontlik is nie, sal jou oproep ook uit die hart kom en sonder om te twyfel sal jy die vervulling van jou versoek, My hulp, afwag, en jy sal gehelp word. Alle twyfel verswak egter die krag van die geloof, want dan maak julle die werksaamheid van die Gees in julle onmoontlik, julle verhinder die gees self om hom na My, die Vadergees te begewe en hy kan dan ook nie die krag oorbring wat vanuit My deur die geestesvonk op jou oorgaan nie. Ek wil waarlik gelowige kinders My eiendom noem, wat die Woord van die Vader sonder enige beperking vertrou, wat hulleself aan Hom sal oorgee in elke nood en elke gevaar, wat nie bang sal wees en ontmoedig word nie, omdat hulle weet dat hulle in die hoede van die liefdevolle Vader geborge is. Hierdie diepte van geloof maak jou baie sterk in die Gees, dit verdryf elke aardse en geestelike nood, want 'n onwankelbare geloof veroorloof My om ongehinderd werksaam en voortdurend merkbaar teenwoordig te wees. Dan kan Ek ook duidelik sigbaar werk, Ek kan dit wat onmoontlik skyn te wees tot stand laat kom, omdat 'n diep geloof 'n volheid van krag tot gevolg het, waardeur die mens self, of ook die geestelike krag vir hom, oorwinnaar word van dit wat vir hom sorg baar. Glo en jy sal altyd gehelp word, laat My Krag deur jou geloof jou binnestroom en jou deur die Gees in jouself, rus en sekerheid verskaf, want die verhoogde krag in jou gaan van My uit, dit is 'n uitstroming van Myself en dus is Ek Self in en by jou, afhangend van die sterkte van jou geloof en die innigheid van jou roep na My. Op aarde sal jy nooit kan verstaan dat Ek, die geestesvonk in jou, Liefde, Krag en Lig, alles één is nie, dat Ek dus steeds teenwoordig is waar die Gees in jou kan werk, waar liefde beoefen word en Ek, as Krag en Lig, duidelik sigbaar is. Wanneer dit alles vir jou verstaanbaar sal wees, sal jy nie meer kan twyfel nie. Jy moet jou bes doen om dit te verstaan en jy moet die Gees in jouself raadpleeg dat Hy jou onderrig en jou helderheid gee oor dit wat vir jou nog onverklaarbaar is, wat jy nie verstaan nie. Die Gees in jou sal jou onderrig. Andermaal is dit Ek Wie jou onderrig, Wie jou tot My wil trek en jou die waarheid bring, sodat jy die weg na My sal vind, sodat jou vermoëns geestelik gerig sal wees en jy sal verlang om met die Vadergees in verbinding te tree. Dan sal jou geloof steeds dieper en sterker word, jy sal My herken, My voortdurende teenwoordigheid bemerk en in volledige rus jou aan My en My leiding toevertrou. Jy sal waarlik korrek gelei word op hierdie aarde, jy sal die regte weg gaan, wat na die ewige Vaderland lei en jou doel sekerlik bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205