BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 248

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vernietigingswerk - Omvang 4441 Die omvang van die daad van vernietiging, as gevolg van God se Wil, is tans nog ondenkbaar vir julle mense, want dit sal alles oortref wat ooit gebeur het. Lande en oseane sal verander, riviere sal buite hul oewers vloei, en so sal tonele geskep word wat mense sal laat glo dat hulle na ander streke verskuif is. Daardeur sal daar ’n onbeskryflike chaos ontstaan, omdat mense die weg na mekaar nie meer sal vind nie. Hulle sal rusteloos ronddwaal, totdat wilskragtige mense sal probeer om orde te skep en hulle oor die swakkes bekommer. Die nood sal so groot wees dat slegs die liefde hulle sal laat uithou, en waar mense mekaar aktief sal help, sal verligting en hulp spoedig gevoel kan word, wat hulle duidelik van Bo ten deel sal val. Enigeen wat hom dus nou tot God sal wend en Hom in sy hart aanroep, sal hulp ontvang, want nou laat God Homself sien met Sy Liefde en Almag, so duidelik dat die swakgelowiges dit maklik sal vind om 'n vaste geloof te verkry. Hierdie tyd sal dan ook vir die ongelowige 'n tyd van genade wees, waarin hy nog maklik kan verander in die lig van die gebeure wat gebaseer is op die krag van geloof. Hierdie verskynsels sal vir almal iets gee tot nadenke, maar slegs hy wat gewillig is om te glo, sal sy voordeel daaruit trek, terwyl die ander steeds maar van toeval sal praat en hulle sal verbitterd teenoor die groot nood staan, die Skepper verwerp of Sy handeling veroordeel. Die omvang van die ramp sal hulle nie tot besinning bring nie. Hulle sal probeer om alles natuurlik te verklaar en sal ’n geestelike samehang geheel en al verwerp. Hulle sal ook hard en gevoelloos bly teenoor hul medemense se ondervindings en sal nie skroom om hul eie omstandighede te verbeter, ten koste van hulle medemens wat te swak sal wees om hulle te verweer nie. Oral sal daar nood wees, want God het gespreek. En Hy sal daar spreek waar die grootste geestelike nood is, sodat die oorlewendes 'n waarskuwingsteken sal ontvang wat hulle in staat sal stel om die tyd tot aan die einde te benut en om die mense van die onaangeraakte lande tot besinning te laat kom, in die lig van die katastrofe wat te geweldig sal wees om te verontagsaam. Die hele mensdom sal aangegryp word deur ’n vrees dat die natuurkatastrofe homself sal kan herhaal en 'n algehele verwoesting van die aarde tot gevolg sal hê. Dit sal weliswaar kom, maar nie onmiddellik na die natuurkatastrofe nie. Maar die angs hiervoor sal baie heilsaam wees vir vele. Want die gedagte aan 'n skielike afsterwe en ’n lewe na die dood, sal in baie van hulle ontstaan en sal 'n verandering van leefwyse tot gevolg kan hê. Die wêreld sal hulpvaardig wil ingryp, maar sal nie in staat wees om te help tot die mate wat noodsaaklik gaan wees nie. Nogtans sal elke mens wat bereid is om liefde en hulp te gee, deur God geseën word, want die groot nood het oor mense gekom, sodat hul harte kan versag om hul eintlike doel na te streef, naamlik dat hulle liefdevol werksaam kan wees op aarde, sodat hulle siele ryp kan word. Solank mense in die eieliefde lewe en maar net vir hulself sorg, sal hulle nie geestelik vorder nie. Maar die nood van die medemens kan egter hulle werksaamheid in liefde laat aktiveer. En dan sal hulle God se Wil nakom en dus ook hul aardse taak. Dan het ook die grootste nood tot seën geword en aan haar doel beantwoord. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205