BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Werk so lank dit nog dag is 4289 ”Werk so lank dit nog dag is, want die nag kom waarin julle nie meer sal kan werk nie. "Hoe digby staan julle by die aanbreek van die nag? Dit is die laaste minute van die dag waarin julle leef en julle is nie bewus van die erns daarvan nie. Julle is lou in die arbeid aan julle siele en leef asof daar nog 'n lang tyd vir julle beskore is. Julle is verkeerd. Die nag sal spoedig aanbreek en die hele aarde in die diepste duisternis hul. Julle sal ook nog onnoemlik baie kan bereik indien julle die laaste minute sal benut en julle in alle erns voorberei op die lewe na die dood. Julle sal slegs aan julle siele moet dink en geen aandag skenk aan die liggaam nie, want net die siel sal bly voortbestaan. Daar sal vir julle niks oorbly van die aardse goedere van die materiële wêreld nie. Julle staan al met één voet aan die oorkant. Hoe sal die ryk egter lyk wat julle siele sal opneem? Is dit die ryk van lig, of van duisternis? Is dit dag of nag vir julle siele? Waar lig is, is lewe, maar die nag is vreeslik. En daarom waarsku Ek julle nadruklik en spreek Ek steeds weer tot julle om julle bewus te maak van die groot verantwoordelikheid wat julle teenoor julle siele het. Bring haar nie in onbeskryflike nood nie, wat julle nog goed sal kan afwend indien julle verander, geen aandag skenk aan al die aardse dinge en slegs daaraan dink om My wil te vervul, 'n lewe te lei volgens My gebooie, die naaste by staan in elke aardse en geestelike nood, hulpvaardig ingryp waar julle hulp benodig word en dat wanneer julle My Woord in ontvangs neem, julle My Wil bekend sal maak, wat julle krag sal gee om die lewe te lei volgens My wil. Werk so lank as wat dit nog dag is, dit sal spoedig ten einde loop en dan volg daar 'n eindelose lang nag, waarvan Ek julle graag wil bewaar, omdat Ek julle liefhet. Luister na die Woorde van My Liefde en neem dit ernstig op, sodat julle die nag kan ontvlug en daar vir julle 'n dag aanbreek wat vir ewig sal duur. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205