BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 388

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Jesus, bely Hom voor die wêreld 4831 Bely My openlik en huiwer nie om My Naam openlik uit te spreek wanneer julle standpunt teenoor geloof en teenoor My gevra word nie, want hierdie belydenis met die hart trek My na jou sy. En dan sal alle vrees van jou wegval en sal jy openlik en sonder skroom spreek oor geloofsake, oor My leer, oor My werksaamheid by en in jouself en ook oor die toekoms. Jy werp dan 'n muur neer, die muur van stilswye, waaragter hulle baie kan verberg en wat daarom geskik is om die waarheid te verbloem. Spreek sonder vrees, waar dit ookal mag wees, want Ek self lei jou daarheen waar jy opgeroep word om vir My op te kom. Dit sal nie meer lank neem alvorens die wêreld julle, wat nog glo in 'n God en in 'n lewe na die dood, sal bespot nie. Want die wêreldse mense val steeds meer af en alles wat vir hulle nie sigbaar of tasbaar is nie, is vir hulle onwerklik. Daar sal 'n openlike vyandskap van hierdie wêreldse mense vorm ten opsigte van die gelowiges, wat as voortdurende teiken vir aanvalle, hulleself skaars teen vyandelikhede sal kan beskerm. Maar dit moet julle nie bang maak nie. Dit moet so gebeur, want die tyd is vervul waarin 'n skeiding moet plaasvind tussen Myne en die aanhangers van My teenstander wat probeer om alle geloof in My te onderdruk en aan wie hulle gebonde is. Weet egter dat Ek self by julle sal wees, in die gees asook sigbaar waar dit nodig is. Weet dat julle veel sterker is as die ander, al mag hulle julle ook in aantal oortref, want as Ek aan julle kant sal stry, sal julle nooit oorwin kan word nie. Maar julle sal openlik en sonder vrees vir My moet opkom, sodat die vyand kan besef Wie julle van krag voorsien, want dit sal duidelik sigbaar wees dat julle buitengewone hulp ondervind. Spreek net My Naam in volle geloof uit wanneer jy bedreig word. Stel My Naam teenoor jou aanvallers. Roep My met jou hart en jou mond en vrees geen aardse mag nie, en aan almal wat van goeie wil is, wat van My wil is, sal Ek krag verleen soos wat Ek dit beloof het. In die Naam van jou Goddelike Verlosser het jy 'n wapen wat waarlik nie oortref kan word nie, omdat diegene wat in die eindtyd die geloof in My sal hê, al My liefde sal besit. En wie My sal bely voor die wêreld, bewys My ook sy onwankelbare geloof en oor hom bekommer Ek My in die besonder. Julle sal baie spoedig daartoe gedwing word om te bely of om af te wys. Word dan nie bang vir die wêreldse mag nie, maar dink net aan My woorde: ‘Wie My voor die wêreld bely, dié sal Ek ook voor My Vader bely’. Jy sal gedwing word om te besluit vir Jesus Christus of teen Hom. Kom dan met vreugde vir Hom uit, want slegs deur Jesus sal jy by My kan kom. Slegs deur die geloof in Sy verlossingswerk en Sy hulp sal jy nader aan My kan kom, by die Vader, wie se Liefde Haar met almal wil verenig soos wat Sy Haarself verenig het met Jesus wat deur Sy grote liefde die wêreld verlos van die sonde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205