BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die omvorming van die materie -bemoeienis - Seën - Verlossing 3993 Die goddelike Liefde is nie altyd herkenbaar nie, maar steeds aan die werk om die mense te help, asook al die gees wat nog onverlos in die materiële vorm smag. Elke verandering is tot hulp en daarom moet ook die mens deelneem aan die omvorming van dit wat hom as materie omgewe, wanneer dit geen dienende doel vervul nie. Julle liefde vir die onverloste sal ook daarin tot uitdrukking kom, naamlik dat julle hulle bystaan in geestelike nood. En dit sal julle kan doen, deur die dienende moontlikhede te ontsluit. Alles wat julle omgewe, ly aan kwelling as dit nie werksaam kan wees nie, want dit het die wil daartoe en is steeds, op grond van hulle wil, ingelyf in ’n vorm, wat 'n dienende funksie ten doel het. Dus moet die mens daartoe bydra dat die gees nie verhinder word om te dien nie, dat sy kwellinge nie verleng word nie, maar om dit te help om uit sy vorm vry te kom. Maar die denke en strewe van die mense is egter daarop gerig om besit te verkry, rykdomme te versamel en gevolglik sal hy slegs 'n klein deel van sy materiële besit na sy eintlike bestemming neem, terwyl die ander veel groter deel van sy besit werkloos bly, omdat dit nie toegelaat word om dienend besig te wees nie. Dit is dus te verstane hoe noodsaaklik 'n verbrokkeling van die vorm is vir die gees wat al vir lang tye in die materie gebonde is, sonder om na sy eintlike bestemming gebring te word. Dit is dus verstaanbaar dat God Self die geestelike sal help, waar die hulp van die mens gefaal het, waar sy begeerte na aardse besit hom daartoe aanspoor om materiële goedere te versamel, sonder om rekening te hou met die eintlike bestemming van die goedere. Dit is te verstane dat God die goed van die mense afneem en Hy daardeur die gees wat hulself nog in die materie bevind, 'n groter moontlikheid gee om te dien en hulself so te verlos. Terselfdertyd oefen Hy druk uit op die mens om aan die verlossingswerk deel te neem, deurdat Hy hom in noodsituasies laat beland, wat hom moet aanspoor om materiële omvorming uit te voer, om onbruikbare materie weer bruikbaar te maak. Aan die mens is ontelbare moontlikhede gegee om skeppend en vormend besig te wees gedurende tye waarin alle besit verwoes sal wees. En hierdie geleenthede moet hy van alle kante bekyk, sodat dit vir hom en die gees in die materie tot seën sal strek, sodat lewendige bedrywigheid oraloor kan begin. Slegs dit is verlossend en verhoog die graad van rypheid van die gees, terwyl passief wees 'n stilstand van die ontwikkeling van die gees beteken en nooit die goedkeuring van God sal kry nie. Die versameling van aardse goedere sal slegs seënryk wees wanneer 'n groter bedrywigheid daaruit sal ontstaan, wanneer al die gees wat daarin gebonde is, toegelaat sal word om so werksaam te wees, dat dit sal beantwoord aan sy bestemming, naamlik wanneer die materiële goedere so gebruik sal word, dat dit met hulle aard sal ooreenstem. En met hierdie doel moet die mense help. Want die gees in die materie is meesal op die hulp van die mens aangewese, in soverre dat hulle die bestemming moet toewys, of hy moet nuwe skeppings deur sy wil en sy lewenskrag laat ontstaan, waar die moontlikheid om te dien van die gees afgeneem word. Daarom is ywerige handearbeid van groot seën. Daarom sal beperkte materiële besit steeds aanspoor om ywerig besig te wees en sal dit beide vir die gees in die materie, asook vir die mens uiters gunstig wees, want die verlossingsproses van alle gees kan maar net voortgaan as vir dit vir hom moontlik gemaak word om te dien en hy daardeur die uiterlike vorm weer kan oorwin, totdat hy as mens self dienende werksaamhede kan verrig en homself daardeur definitief kan verlos. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205