BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Dogma 4294 Dit is geen geestelike oorweldiging wanneer daar aan 'n persoon van een bepaalde geestesrigting, 'n ander getoon word nie, wanneer daar vir hom kennis aangebied word wat indruis teen sy kennis, solank hy uit vrye wil kan besluit om dit aan te neem of te verwerp. Indien hy egter deur wette gedwing word om dit aan te neem, word hy dus deur dreiging met straf, onvry gemaak in sy denke en handeling; dan is dit 'n oorweldiging, wat nooit ’n goeie uitwerking op die siel kan hê nie. Derhalwe moet My Woord altyd verkondig word, maar dit moet altyd so aangebied word dat daar geen dwang op die mense uitgeoefen sal word nie. Daarom is ook die ontvangs van die suiwer Waarheid van Bo 'n daad met volkome vryheid van wil, wat altyd vir 'n onverligte mens die moontlikheid laat om dit as menslike woord aan te sien, indien die wil om dit te verwerp, by die toehoorder groter is. Elke mens sal die Goddelike oorsprong kan herken, indien suiwer waarheid en die verdere ontwikkeling van sy siel vir hom erns is. Dan sal Ek hom ook verseker die vermoë gee om die waarheid as sodanig te herken, omdat dit My Wil is dat die denke van die mens besig sal wees met die Waarheid en Ek hom elke moontlikheid sal bied om die ware in te sien. Ek werk egter nooit met dwang op die wil in nie, daarom dat Ek dit ook verwerp wanneer mense hul medemens geestelik oorweldig met leerstellings wat die aanneem van dogma afdwing, en die mens dan sondig verklaar as hy dit nie aanneem nie. Vir elke oortreding van My gebod van liefde moet die mens homself verantwoord, maar nooit sal Ek hom tot verantwoording roep as sy innerlike gevoel hom weerhou van die aanneem van 'n leerstelling van die geloof nie, selfs wanneer dit ooreenstem met die Waarheid. Hy laai dan geen sonde op homself indien sy verlange na die Waarheid, nog nie so diep is, dat hy die Waarheid as sodanig herken nie. Maar om 'n geloofsleer aan te neem sonder ondersoek en innerlike oortuiging, is volkome waardeloos vir die ontwikkeling van die siel. Steeds bly ’n dogma nadelig vir die siel, omdat die mens onthef word van die vrywillige aanneming van 'n standpunt teenoor 'n geloofsleer. Maar sonder diep nadenke sal 'n oortuigende geloof ook nooit verkry kan word nie. Die mense het wel leiers nodig, as hulle nie uit eie beweging die vergeesteliking van hul siele nastreef nie. Wyse leiers sal egter slegs onderrig en probeer om die hart en verstand aan te spoor, want die verbinding met My, met die geesteryk, moet elke afsonderlike mens self tot stand bring en die weg daartoe moet aan hom getoon word deur My verteenwoordigers op aarde, deur die oordra van My Woord. Hulle moet My laat praat, maar nooit iets van hulself daaraan toevoeg nie, soos gebooie aankondig of verpligtinge op die mense lê asof dit My Wil sou wees nie. Ek het elke mens vryheid gegee en My sorg gaan onophoudelik net oor die deurstuur en verspreiding van die Waarheid. Wie Haar soek, soek My, en Ek sal My waarlik deur hom laat vind. Wie egter nie ernstig probeer om die Waarheid te vind nie, sal ook geen voordeel trek uit die aanneem van ’n geloofsleer wat hom as dogma voorgehou word en wat hy daarom meen hy nie mag verwerp nie. Elke dogmatiese leer is 'n beperking van die vryheid van wil wat Ek die mens gegee het, dus 'n geestelike geweldpleging, wat nie ooreenstem met My Wil nie en waarteen My verteenwoordigers op aarde in My opdrag sal moet stry. Ek sal elke draer van die Waarheid seën, Ek sal hom geleentheid gee om die waarheid te versprei, ofskoon hy teenstand sal ondervind. Maar wie ernstig wil, sal haar herken en tot nadenke gestem word. En Ek sal hom help, Ek sal sy gees verlig en sy wil seën. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205