BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 432

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

"Ek self is die woord"- Evangelie van die dissipels 4909 Verdiep julle in hierdie evangelie wat Ek julle van bo laat toekom (Hierdie boodskappe aan Bertha Dudde: die vertaler) en julle sal insien dat dit dieselfde is as wat My dissipels neergeskryf het, die wat dit in My opdrag gedoen het. Steeds is dit Ek wat tot julle mense spreek wanneer julle My Woord in ontvangs neem, waar dit ookal is. Ek het deur My leerlinge tot die mense gespreek en spreek ook nou nog, omdat My Liefde nie beperk is nie en gevolglik is My Woord ook nie beperk nie. Dus hou die uitstraling van My Liefde wat deur My Woord tot uitdrukking kom, nooit op nie, wat wel vir julle mense begryplik sal wees, indien julle weet wat My Woord oorspronklik was. Ek Self is die Woord. En dit moet vir julle al die bewys wees dat Ek Myself nie vasgelê het in letters nie en dat My Woord altyd en ewiglik aan die geestelike toegestuur sal word wat hulle as mens op die aarde beliggaam het. Wel bly My Woord ewiglik dieselfde, omdat dit as die enige waarheid vanuit My nooit verander kan word nie, maar julle mense verander dit deur julle eie wil. Julle gee My Woord 'n ander betekenis, solank as wat julle nog nie deur die gees verlig is nie. En slegs daarom moet Ek steeds weer My suiwer Woord na die aarde bring, sodat My Woord vervul sal word: “Hemel en aarde sal vergaan, maar My Woord sal bly bestaan tot in alle ewigheid”; My Woord, wat die suiwer evangelie uit die hemele is wat steeds weer vir julle getuienis moet aflê van My en My Liefde. Solank julle mense nog onvolmaak is, sal julle niks volmaak laat soos wat dit is nie. Veeleer sal julle steeds probeer om dit te verander, juis deur julle onvolmaaktheid. Dit is 'n natuurwet, dat niks so suiwer bewaar bly sodra as wat dit in 'n onsuiwer omgewing kom nie. En die menslike wil is veel meer op die onvolmaakte gerig en sal steeds poog om dit omlaag te trek wat bo hom staan. Tog is dit die vrye wil wat van My af onaantasbaar bly, sodat dit dus onvermydelik is dat Ek My leer nooit suiwer sal kan behou nie. Maar steeds weer stuur Ek die suiwer leer na julle toe wat daarna verlang. Nooit sal mense bewus raak van die misvorming van My oorspronklik suiwer leer, wat nie self die diepste verlange na die waarheid gehad het nie. Anders sou die dwaling nie so uitgebreid gewees het nie. En hulle neem ook nie dit aan wat hulle in liefde deur My aangereik word nie, want hulle is blind van gees. Hulle hou by die letter en is onaangeraak deur die gees van My Woord. Nooit sal Ek tot so ’n uiterste gaan en nooit sal Ek ophou om die mense die uitstraling van My ewige liefde te laat toekom nie. En daarom sal Ek nooit ophou om self in die Woord na die mense neer te daal nie, wat Ek julle beloof het met die woorde: “Ek sal by julle bly tot aan die einde van die wêreld.” Wanneer Ek dus self by julle wil vertoef, dan sal julle My ook moet kan verneem. Want Ek is lewe, Ek is krag en dus ook die Woord van ewigheid wat lewe en krag, lig en liefde tot uitdrukking bring. Vir julle mense wil Ek nie die verre God wees wat julle in My sien nie. Ek wil vir julle 'n Vader wees, steeds naby en altyd bereid om aan julle woorde van liefde te gee indien julle dit wil verneem. Soos wat Ek eens tot die mense gespreek het toe Ek op aarde gewandel het, soos wat Ek tot My dissipels gespreek het na My hemelvaart, in wie Ek in die gees verder gewerk het soos voorheen op aarde, so wil Ek ook steeds tot die mense spreek as My kinders . Ek wil aan hulle woorde van liefde en wysheid oordra om My aan hulle bekend te maak as God, Skepper en Vader van ewigheid. En daarom sal Ek nooit ophou om in die Woord by My mensekinders te wees nie. En Ek sal aan hulle slegs dieselfde oordra wat ook My leerlinge as evangelie van My af ontvang het, omdat dit die suiwer waarheid is wat behoue moet bly, ook wanneer hemel en aarde sal vergaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205