BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 541

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hernieude waarskuwing voor die tyd van die einde 5195 Julle moet julleself voorberei op die komende tyd, want wat My sieners en profete voorspel het, sal gebeur omdat die tyd vervul is. Volgens die wet van ewigheid staan die mensdom voor ‘n omwenteling wat sowel geestelik asook aards te verstaan is, want dit is die tyd van die einde. Die aarde sal verander en vir die bewoners sal ‘n tydperk ten einde loop en ‘n nuwe tydvak begin. Maar weinige van die tans lewende mense sal die nuwe tydperk belewe, want daar sal voorwaardes nagekom moet word waaraan maar weiniges hulle sal onderwerp. Daarom sal daar aan hierdie aarde ‘n einde kom en tallose mense sal daarby die liggaamlike dood vind, omdat hulle deur hul geestelike gesteldheid nie die nuwe tydperk sal kan beleef nie. Maar tog kan hierdie mense ook nog op My genade hoop wat in die laaste uur na My toe sal kom en My nog aanroep om erbarming. Slegs weiniges sal egter skielik tot inkeer kom en tot insig van hul sondigheid en daarom sal hulle ook in die laaste uur nog deur My aangeneem word, want Ek wil dat die klein kudde van My die uiteindelike doelwit bereik, naamlik dat hulle die afsluiting van hierdie tydperk sal deurstaan en ingaan in die nuwe tydperk waarin Ek hulle nodig sal hê, sodat My wet van ordening nagekom kan word. En daarom sê Ek vir julle: Berei julle voor op die komende tyd, want dit sal buitengewone eise stel aan julle wil, julle geloof en julle trou aan My. Die komende tyd is geskik om aan julle ‘n buitengewone geestelike volwassenheid te verskaf, maar dit doen ook ‘n beroep op al julle kragte. Want hoe nader die einde kom, des te meer onwerklik sal alles vir julle voorkom wat eintlik werklikheid is. En des te meer sal die geloof bestry en My Naam belaster word. Maar as julle julleself ernstig sal voorberei, sal julle bo alles staan, want sodra julle tot die wetendes behoort, kan julle geloof nie meer wankel nie. Hierdie “kennis” is egter ‘n gevolg van die liefde en daarom moet julle moeite doen om ywerig in die liefde te lewe, want daarmee sal julle julleself die beste kan voorberei op die einde. Dit is My raad wat julle waarlik nie ongeag mag laat nie. Leef dus in die liefde en julle sal lig en krag ontvang in so ‘n mate, dat julle altyd weerstand sal kan bied teen dit wat julle in die eindtyd sal oorkom. Niks kan julle dan ongeskik maak vir die laaste stryd nie. Berei julle dus voor en aarsel nie, want julle gaan die einde tegemoet en hierdie verlossingsperiode word beëindig omdat dit nie anders kan volgens die orde van ewigheid nie. Daar moet ‘n verandering intree sodra daar geen meer sukses behaal kan word met die geestelike ontwikkeling van die mensdom nie. Daar is nou geen geestelike oplewing meer te vinde by die mense nie en net baie min strewe na die lig. Maar vir hierdie weiniges het Ek ‘n nuwe doelwit berei, wat egter eers sal begin wanneer die verandering van die aarde voltrek word. My klein kudde sal nog eenmaal deur My aangespoor word tot ywerige siele-arbeid, want die laaste groot stormloop staan voor die deur. Die laaste stryd sal begin en daar sal gewapende stryders te vinde wees wat saam met My ten stryde sal trek en daarom ook sal seëvier. Want hulle sal sekerlik in die einde “triomfeer” oor die teenstander en sy aanhang. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205