BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Eieliefde – Wees lief vir jou naaste soos vir jouself 4105 God het dit aan julle opgedra om mekaar lief te hê. Hy het julle 'n gebod gegee wat julle sal moet onderhou indien julle gelukkig wil wees, en hierdie gebod vra niks meer as liefde vir Hom en vir julle naaste nie. Dit omvat al die werk aan julle siele, wat julle sal laat oorgaan in die graad van volmaaktheid terwyl julle nog op aarde leef. Al julle denke, spreke en handelinge moet in ooreenstemming wees met hierdie gebod van liefde. Dit moet tot uitdrukking kom in die gee en probeer gelukkig maak, in hulp, troos, opbeuring en beskerming. Die mens moet vir sy medemens doen wat hom self gelukkig sou maak, as hy in dieselfde mate hulpbehoewend sou wees. Wees lief vir jou naaste soos vir jouself. So het God aan die mens 'n graad van eieliefde toegeken, waaraan hy steeds kan meet in watter mate hy die gebod van naasteliefde sal nakom. Is die liefde van die mens vir homself groot, dan het hy ook die plig om sy medemens in ’n veel groter mate lief te hê, indien hy die Wil van God wil nakom. Dan moet sy liefdadigheid ook groter wees. As die eieliefde minder is en die mens wil God se Wil nakom, dan sal die naasteliefde groter as die eieliefde moet wees. En dit sal vir die mens makliker wees, want hy kan hom maklik van aardse goed losmaak en dit aan sy medemens skenk. Daar word steeds van julle mense gevra dat julle onbaatsugtige naasteliefde sal beoefen. Julle sal dus ook moet opoffer, julle sal offers moet bring ten gunste van julle medemens, wie julle gelukkig wil maak. Julle sal dit des te makliker kan doen, hoe meer liefde julle teenoor jul medemens voel. Sodat die gevoel van liefde vir jul medemens in julle gewek word, sal julle jul moet indink dat julle almal kinders van een Vader is, dat julle almal uit dieselfde krag voortgekom het en dus almal skepsels vanuit God se liefde is. Dan sal julle leer om jul medemens as julle broeder te sien. Julle sal aan hom liefde betoon. Julle moet hom wil help wanneer hy in nood is en julle hulpvaardigheid sal julle gelukkig maak, want dit maak gelukkig en gee vir julle geestelike insig. Gee vir jou naaste wat vir jouself begerenswaardig is, dan gee God ook vir jou wat Syne is. Hy sal jou die Waarheid gee. Hy sal jou lig en krag en genade gee. Hy maak jou gelukkig en behandel jou op dieselfde wyse met goedere wat afkomstig is uit Sy ryk, wat aards nie vir jou gegee kan word nie. Maar Hy seën ook jou aardse besit, deurdat Hy dit wat jy offer vermeerder, wanneer dit vir jou sieleheil dienstig is. As jy dus in liefde vir jou naaste weggee, sal jy geen gebrek hoef te ly nie, want die Liefde van God gee jou op dieselfde wyse wanneer jy in nood is. Hy behandel Syne nie karig nie, eerder deel Hy Sy gawes onmeetlik uit, wanneer jy ook bring sonder om bekommerd te wees oor wat jy sal mis. As jy uit liefde gee, dan sal jy nie huiwer of karig gee nie en dus ook ryklik deur die ewige Liefde behandel word. As jy nie in staat is om liefde te voel nie, dan sal jy jouself moet opvoed tot onbaatsugtige liefdadigheid. Jy sal om jou heen moet kyk en waar jy nood sien, ingryp en helpend bystand verleen. Dit is God se wil en hierdie wil sal jy jou eie moet maak, dan sal die liefdadigheid teenoor die naaste jou waarlik gelukkig maak. Jy sal self die liefde in jou tot ’n helder vlam laat ontbrand, wat alles sal aangryp wat in haar nabyheid kom, want die liefde is goddelik. Sy gaan van God uit en lei terug na God toe. Daarom is die gebod van liefde tot God en die naaste die vernaamste gebod, wat op aarde sowel as in die hiernamaals nagekom moet word, om met die Ewige Liefde verenig te word en daardeur tot ewige geluksaligheid te kom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205