BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gevange siele – Verlossingsplan 3718 Probeer om julself in die posisie te plaas van ‘n siel wat deur bose magte gevange is en nie in staat is om haarself sonder hulp te bevry nie. Dit is deur haar eie doen en late, maar sy is bejammerenswaardig weens haar swakheid, omdat sy nie die regte weg geloop het nie, die weg na My as goddelike Verlosser, wat haar swakheid van wil kon verhelp het. Sy is ten volle onder die invloed van hierdie magte wat haar gedagtes in die verkeerde rigting lei om haar weg te hou van die waarheid en daarom ook van haar eie Verlossing. So ‘n siel word op elke wyse benadeel. Eerstens, weens misleide denke het sy geen insig nie en word aanhoudend beïnvloed om te streef na dit wat haar sal weghou daarvan om insig te verkry. Voorts word sy aangemoedig om te glo dat sy op die regte spoor is, om haar bereidheid te verlam om ander weë te ondersoek. Daarom moet sy dink en begeer wat die magte van My teenstander haar geestelik ingee en die siel self is nie sterk genoeg om weerstand te bied nie, wat die gevolg is van die ontkenning van My Verlossingsplan. Die mens is gewikkel in ‘n baie groot geestelike stryd teen die magte van die duisternis en hy sal verloor indien hy My nie om hulp roep en vra om sy wil te versterk vir verlossing uit die mag van My teenstander nie. My teenstander het baie groot mag oor die siele, oor hulle wil, alhoewel die wil vry is. Hy vererger die swakheid van die wil en die siel kan haar nie alleen verdedig nie, aangesien sy baie swakker is as My teenstander. Daarom het Ek na die wêreld gekom om die mensdom in die stryd teen die vyand te help. Deur My dood aan die kruis het Ek hulle Verlossing gebring van die gevange toestand en het Ek krag vir weerstand verwerf vir elke enkele persoon wat bereid is om dit uit My hande te aanvaar, wat My erken en in My Verlossingsplan glo. Ek kan die mens nie hierdie versterkte wilskrag teen sy wil gee indien Ek ‘n vrye, volmaakte wese tot stand wil bring wat My vrywillig gevind het nie. Dus moet die vrye wil in alle situasies van die lewe oorweeg word as die laaste doel wat bereik moet word, naamlik uiteindelike volmaaktheid, dus goddelikheid van die wese wat op aarde lewe, beliggaam as mens vir die toets van sy wil. Hierdie toets van die vrye wil vereis die enorme krag van die teenstander oor elke individuele siel, net soos wat die seën van My Verlossingsdaad noodsaaklik is om hierdie mag te oorwin. Daarom is dit My ononderbroke werk om mense in My te laat glo as Verlosser van die wêreld en deur die suiwer waarheid te bring, wil Ek die daad van Verlossing, My opdrag as mens op aarde, vir hulle begryplik maak. Dit is vir elke persoon self om sy eie opinie te vorm, aangesien Ek niemand forseer om in My te glo nie, maar hy maak dit vir homself onmoontlik om die seën van die Verlossingsdaad te ontvang, naamlik die versterking van sy wil teen My teenstander, indien hy My nie erken nie. Dan is dit buitengewoon moeilik vir die siel om haarself weg te trek van die vyand af, en omdat sy nie die gevaar besef waarin sy is nie, glo sy om op die regte weg te wees, is haar begrip vertroebel, omdat die invloed van die teenstander ook alle gedagtes en dade van die mens beïnvloed, sodat hy nie die regte verhouding met My kan vestig nie en selfs verhinder word om in liefde te handel. Ook sal hy homself nie toelaat om onderrig te word nie, omdat die invloed van die teenstander sterker is as die invloed van mense wat hom wil help. Slegs die regte houding ten opsigte van My as Verlosser van die wêreld, die regte houding ten opsigte van Jesus Christus en Sy onderrig, kan hulp aan ‘n siel bring en moeite moet daarvoor gedoen word. As die persoon die wil kan vind om die kennis van die taak van Jesus Christus te deurdring, sal hy ook hulp van My ontvang, hy sal in die regte begrip gelei word, ten spyte van die entoesiastiese invloed van My teenstander, omdat Ek sal help waar Ek maar die vaagste bereidheid sal voel om nader aan My te kom. Hoewel die mense die begrip van My Verlossingsdaad nie gou kan insien nie, sodra hy Jesus as verteenwoordiger van God erken, sodra hy aanvaar dat Hy ‘n taak deur God gegee was, sal sy gang van gedagte op die regte spoor raak, hy sal korrek gelei word en dan sal die teenstander sy krag verloor. Maar dit moet eers gebeur, alvorens die siel haar van sy invloed kan onttrek, slegs dan sal sy gered word en slegs dan sal sy oop wees vir alle ander inligting. Die stryd van lig teen duisternis is enorm en waar die lig skyn, moet dit bewaak word, sodat dit nie uitgedoof word nie. Die prins van duisternis woed ook teen die draers van lig en dit moet hulle maan tot uiterste versigtigheid, hulle moet nie naby aan sy vangstrikke kom nie, hulle moet vlug wanneer sy werke duidelik word, maar altyd die lig laat skyn wanneer iemand wat in duisternis sukkel, lig verlang. Maar hulle moet nie My teenstander toelaat om te triomfeer om die lig van die hemel te verduister nie, dus hom nooit die geleentheid gee om sy slagoffers suksesvol te beïnvloed nie, want slegs waar Ek erken word, is dit moontlik om sy krag te breek, en dus moet daardie siele net altyd oor die betekenis van My Verlossingsdaad ingelig word, sodat hulle hulself kan bevry en hulle kan leer om tussen waarheid en valsheid te onderskei, en sal deur waarheid alleen seën verkry. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205