BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 407

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Sieners en profete van vroeër - Beelde - Ooreenkomste 4851 Die wêreldse mense sal in hul onkunde oor geestelike sake nooit kan deurgrond wat sieners en profete gedurende vroeëre tye in My opdrag uitgespreek het nie. En daarom sal ook slegs weinig mense die diep geestelike sin van die profesieë verstaan. Maar min mense sal weet in watter tyd hulle vervul sal word. Vanaf die begin van hierdie verlossingsperiode het Ek die mense verwysings na die einde gegee, na die misbruike gedurende die tyd van die einde, na die duiwels se werksaamheid en die stryd teen die gelowiges. Ek het hulle dit laat sien. Egter nie die natuurlike uitwerking van die wil van die mense wat volledig van My afgewend is nie, maar hierdie komende gebeurtenisse was in beelde gegee, wat die mens self nie in staat was om uit te lê nie. En ook vir die sieners en profete self was die betekenis verborge. Maar geen van die beskoue beelde was sonder betekenis nie, omdat die sieners en profete godvrugtige mense was wat My toegedaan was, wie Ek daartoe bestem het om as waarskuwers en vermaners op te tree onder die mense van alle geslagte tot aan die einde. Wie ernstig daarna sal streef om 'n lewenswandel te lei wat aan My welgevallig is, sal ook deur nadenke rakende die beelde nader aan die waarheid kom. Maar dit is slegs vir 'n gewekte Gees moontlik om dit korrek uit te lê. Ek sien die tyd vooruit. Ek ken alle misbruike vanaf die begin. Ek ken die ontwikkeling van die mense, aards en geestelik. Ek sien alle onvolkomenhede, die verblinding onder die mense. Ek ken die hardnekkige verwerping van die waarheid en die triomf van die dwaling, wat ’n lang tyd sal seëvier, omdat die voorwaarde daarvoor gegee was in die verhouding van die mense teenoor My, omdat hulle meestal kinders van My teenstander is, wat verkeerde weë gaan en daarom blind is vir die waarheid, terwyl die dwaling sonder beswaar deur hulle aangeneem en verbrei sal word. In die geestelike wêreld het sulke gesindhede en die daaruit voortkomende gebeure 'n uitwerking van verwronge beelde, soos wat alles geestelik ooreenkomste het. En so het die sieners uit daardie tyd die verloop van die gebeure in die eindtyd in sulke beelde gesien wat hulle as mens waarlik ontstel het, hulle wie se siele goedaardig was en wie vir My goed was as siener en profeet vanweë hul nederigheid. Dit was nie aan hom gegee om sy visioene en drome te verklaar nie, omdat Ek wou hê dat dit wat hy gesien het, ondeurgrondelik sou bly tot aan die einde. Maar sy visioene moes bewaar bly vir latere geslagte om steeds weer soekende en strewende mense aan te spoor tot nadenke. En daar sal ook aan die eindtyd slegs weinig wees wat helderhorend en heldersiende sal wees en wat die visioene van My ou profete wel sal verstaan vanuit hul besef van die lae geestelike vlak van die mense en die nabyheid van die aangekondigde einde. Vir hulle sal Ek die Gees verlig, sodra dit nodig raak dat hulle aan hulle medemens opheldering daaroor moet gee. En as hulle dan in My opdrag sal spreek, sal hulle ook die suiwer waarheid verkondig. Want hulle sal nie praat alvorens hulle die opdrag gekry het nie. En vanaf daardie oomblik sal hulle self in alle duidelikheid die betekenis daarvan insien, wat andersins vir die medemens onbegryplik was totdat Ek Self die sluier sal oplig; totdat vervul sal word wat vroeëre sieners en profete voorspel het in My Wil. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205