BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 540

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die seën van siekte en leed - Voltooiing 5194 Die aftakeling van die liggaam is dikwels ‘n heilsame waarskuwing vir die mens wat nog te veel op die wêreld gerig is en daardeur sy siel in gevaar bring. Hy moet eers leer om in te sien dat daar vanuit die natuur perke gestel is en vanuit hierdie besef bewus word van wat hierna gaan gebeur wanneer die liggaam heeltemal ongeskik geword het vir hierdie aarde. Die mens moet dikwels gewaarsku en vermaan word, indien hy nie uit eie beweging aan sy siel dink nie. Liggaamlike lyding, siektes en die inboet van liggaamlike bekwaamhede moet daarom ook as ‘n middel vir die ontwikkeling van die siel gesien word, omdat dit die denke van die mens aansienlik kan verander en daarom ook dikwels as verlossingsmiddel vir die siel aangewend word, indien sy in gevaar verkeer om ’n prooi van die geestelike dood te word. Maar dit beantwoord nie altyd aan sy doel nie en dan tree ‘n toestand van onverbeterlikheid in waar sy haarself dan heeltemal afwend van die goddelike geestelike. En dan probeer die mens om nog alles uit die lewe te haal, ondanks siekte en ongeluk wat sy liggaam getref het. Niks wat vir ‘n mens beskore is, is sonder doel nie. Liggaamlike siekte bring dikwels die herstel van die siel tot stand en dan was dit tot seën gewees, want die mens leer om die wêreld te versmaad, aangesien hy haar misloop en dan in die geestelike wêreld vervanging moes soek en vind. Kosbare goedere mag hy dan in ontvangs neem as vergoeding vir die goedere wat die wêreld van hom weerhou en wat hy nou ook as waardeloos insien. Maar daarvoor is dit nodig dat hy hom ootmoedig sal buig onder die lot wat aan hom, terwille van sy siel, opgelê word, sodat hy nou met oorgawe dit kan dra wat wel moeilik vir hom lyk, maar tog oorwin kan word. Sodra die mens ‘n geringe geloof het, sien hy die Hand van God bo hom en voeg hy homself dienswillig volgens die wil van God. En dan kan hy net wen, nooit verloor nie, dus is daar ook niks te betreur nie, omdat hy nou aansienlik meer besit as ‘n mens met goeie gesondheid en liggaamlike krag, wat nie in verbinding staan met die ryk nie, wat ook eens sy verblyf sal wees na die liggaamlike dood. Slegs die graad van voltooiing wat die siel by haar heengaan van hierdie aarde sal hê, is maatgewend. Alles wat kan bydra tot die verhoging van hierdie graad, sal God aanwend, al ervaar die mens dit nie as ‘n weldaad solank as wat hy sonder insig bly nie. Eenmaal sal hy die seën van lyding en siekte insien en God dank vir die toepassing van middele wat suksesvol was, sonder om die vrye wil van die mens te beperk. ‘n Siek liggaam is nie so erg soos ‘n siek siel nie en dit sal die siel gesond maak wanneer die liggaam siekte moet verdra totdat die siel geduldig geword het. Totdat sy haar blik hemelwaarts sal rig en leer om die aardse lewe as slegs ‘n tydelike skool te sien waarin die mens beproef moet word. Eens sal sy onbeswaard en ongehinderd na hoër sfere van die Gees kan opstyg en sal haar Skepper ewiglik dank vir die genade aan wat aan haar bewys was deur die liggaam te laat ly, sodat die siel gesond kon word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205