BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die samesmelting van die siel en die liggaam met die gees 4031 Wat jy in staat is om te hoor deur middel van die innerlike stem, is belangrik vir siel en liggaam en moet dus deur beide in ag geneem word. Dit wil sê: die siel - die denke, gevoel en wil van die mens - moet daardeur aangespoor word en ook die liggaam moet oorgehaal word om gevolg te gee aan dit wat die siel nou dink, voel en wil. Die liggaam kan, ten spyte van wat die siel voorstel, tog weerstand bied. Die mens kan, ofskoon hy innerlik oortuig is dat hy anders moet optree, tog uitvoer wat weliswaar bevorderlik is vir die liggaam, maar skadelik vir die siel. Dit is dan duidelik wat gedoen behoort te word, maar die wil is te swak om dit in dade om te sit. Die wil behoort weliswaar by die siel, maar die wil is deurslaggewend vir die liggaam om tot die daad oor te gaan. As die wil sterk genoeg is, bring hy die liggaam daartoe om handelinge te verrig wat bevorderlik is vir die siel. Dan trek die siel in 'n sekere sin die liggaam saam die geesteryk in. Sy is dan nie meer materieel gesind nie, dit wil sê: sy word nie meer deur aardse begeertes oorheers nie, ofskoon die mens nog op aarde leef en steeds daarteen sal moet stry. Die gees in die mens trek egter die siel geweldig aan en indien sy daarin slaag om die liggaam volgens sy wil te weerhou van sy strewe na die wêreld, as sy daarin slaag om die liggaamlike begeerte te laat verswak en die siel daarmee tevrede is, verwyder die liggaam homself steeds meer van die materie. Dit wil sê: hy vertoef wel nog in die ou omgewing, maar sy begeerte het verswak en sal uiteindelik net nog belang hê in wat die siel oorbring. Die liggaam sal ook gelukkig wees om in die geesteryk te verkeer. Die samesmelting van die siel en liggaam met die Gees kan nou baie makliker plaasvind as voorheen, toe die siel nog met die liggaam moes swoeg, dit wil sê: waar haar wil nog te swak was om weerstand te bied teen die plesiere van die wêreld, en die strewe na aardse goed die oorhand gehad het. Hierdie stryd moet egter vooraf plaasvind, anders kan die Gees in die mens Hom nie laat hoor nie en is die mens nie in staat om die sagte stem van die Gees te hoor nie. Daarom moet julle mense voortdurend dringend aangemaan word om so min as moontlik ag te slaan op die dinge van die wêreld. Put uit die Bron van die lewe. Laat die Gees, wat julle baie meer bied as die vreugdes en plesier van die wêreld, in julle spreek. Fokus al julle denke, gevoel en wil op die geestelike ryk, so dikwels as wat julle daartoe in staat is. Verrig ook die aardse werk met die oë na bo gerig, laat julle gedagtes gereeld omhoog styg. Roep God aan en vra vir Sy liefde en genade, en julle sal al meer na die geestelike strewe. Die wêreldse dinge sal net nog tot die mate belangrik wees wat dit vir die instandhouding van die liggaam noodsaaklik is. Jou siel sal rype insig verkry. In jou sal dit lig word en 'n hemelse rus sal in jou hart posvat, want jy het die wêreld oorwin. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205