BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike agteruitgang - voortekens van die einde 4390 Die geestelike agteruitgang is steeds duideliker te sien en dit moet al ‘n verklaring wees vir die aardse nood. Hierdie nood is die enigste middel om die mense nog wakker te skud, om tot ‘n verandering van lewenswyse te kom, en sou tewens ‘n aanleiding kan wees tot nadenke. Die mense strewe egter slegs nog na aardse goedere en laat hulle beheers deur die materie. Eintlik moet dit omgekeerd wees: Hulle moet oorwinnaars wees in die stryd teen die materie. Ek hou hulle daarom steeds weer die dwaasheid van hul strewe voor oë, deurdat Ek hul toon hoe verganklik al die aardse goed is. Die klein gebeurtenisse het egter geen resultaat nie. Die mens verander nie van denke nie en laat sy sielelewe buite beskouing, want hy dink slegs aan die aardse bestaan en het die geloof in ‘n hiernamaals heeltemal verloor. Die mensdom sink steeds laer af en die geloof word steeds oppervlakkiger. Die verbinding met My, hul God en Skepper van ewigheid, word steeds minder. Dit sal binnekort ook besonder helder aan die lig kom, want die dag waarin ‘n totale verandering van die lewensomstandighede alles sal omkeer, kom steeds nader, omdat My wil werksaam sal word op ‘n baie duidelike wyse. Die mense kan niks behou wat Ek nie toelaat nie. Hulle sal magteloos staan teenoor My Mag en self in groot nood beland, maar die nood sal tot seën wees as dit die mens slegs in wêreldse belange tref en sy siel nie in gevaar kom nie. As die mens gelowig is, hoef hy die aardse nood nie te vrees nie en sal alleen maar daarby wen, nieteenstaande aardse verlies. Vir die ongelowiges sal daar egter egter ‘n moeilike tyd aanbreek. Hulle sal ontsaglik ly deur die verlies van aardse besittings, want hulle sal alle hoop op die terugwen daarvan moet opgee. Hulle sal geen geestelike goedere in plek daarvoor hê nie, want hulle strewe was nie daarna nie. Hulle het dit eerder geweier toe dit vir hul aangebied was. Die lyding moet egter oor die aarde kom en is onafwendbaar, want dit sal die begin van die laaste gebeure wees voor die totale omvorming van die ou aarde. Julle almal sal dit belewe as Ek julle nie al voor die tyd oproep uit die aardse lewe nie, indien Ek dit vir julle siele gunstig sal ag. Die gelowige sal elke teken van die eindtyd sien en herken, maar die ongelowige sal daarby verbygaan. Hy sal maar net die aardse nood sien en die uitwerking op sy welbehaaglike aardse lewe en sal hom daardeur dus meer en meer van God afwend. Daarom sal die geestelik strewende en die wêreldsgesinde mense in die komende tyd uiteengaan, en dit sal so duidelik geskied dat die geestelik ontwaakte mens reeds daaraan die tyd van die einde sal kan herken, want met rasse skrede gaan hierdie ou aarde die einde tegemoet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205