BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 500

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Materie oorwinning - Die wêreld is slegs ‘n middel tot die doel 5087 Die wêreld gee julle nooit verwesenliking nie, want uiteindelik neem sy tog alles af wat julle in aardse goed besit. Die wêreld bedeel slegs julle vleeslike liggaam, maar nie die siel nie. En omdat die vleeslike liggaam vergaan, staan die siel arm en naak by die poort van die ewigheid, wanneer sy haarself op aarde geen geestelike goedere verskaf het nie. Die wêreld gee julle slegs skynbaar die reg op die ewige lewe, maar in werklikheid neem sy dit van julle af. Julle staan weliswaar midde in die wêreld, wat in ’n sekere sin as verblyfplek gegee is en die siel moes haar daarmee akkoord verklaar om 'n proeftyd in hierdie wêreld af te lê. En sy kan hierdie proeftydperk ook met sukses deurstaan, indien die mens die stoflike wêreld slegs beskou as middel tot die doel, as middel om op die proef gestel te word. As hy hom nie baas oor homself laat word nie, maar altyd sy baas bly. As hy hom nie tot slaaf maak van wat hom omgeef nie, maar altyd met die oog op sy doel op aarde probeer om die aardse materie te oorwin. As hy dit gebruik waar dit hom ter beskikking staan, maar in ‘n deur God gewilde sin, deurdat hy die materie self help om verlos te word. Wanneer hy al die aardse materie beskou as dit wat dit in werklikheid is, naamlik geoordeelde gees wat ook die weg van verlossing moet gaan, en dankbaar is vir elke geleentheid om dienend werksaam te wees. Dan sal die materie nooit oor die mens baas word nie. Dan sal hy vir homself iets soek wat meer werd is om na te streef, omdat dit nie kan vergaan nie. Dan sal hy die siel goedere laat toekom wat 'n ware rykdom sal beteken en wat ook sal bly bestaan na die aflê van die vleeslike liggaam. Vanuit hierdie insig beskou die mens ook nie die materie as ’n vervulling van sy begeerte nie. Dit is vir hom slegs 'n noodsaaklike middel om die gang oor die aarde met sukses af te lê. En gevolglik verloor die wêreld met al sy aansporings en verlokkinge vir hom ook waarde. Hy weet dat dit slegs skyngoedere is en terselfdertyd 'n groot gevaar om ook die onverganklike goedere te verloor. Daarom sal julle nie van die wêreld moet hou nie, want hierdie liefde lewer julle net die verlies van die ewige lewe op. Julle sal dit moet leer sien vir dit wat dit is, naamlik die ryk van die teenstander van God, as konsentrasie van die onvolwasse gees wat al die ryper gees weer na haar toe wil trek. Julle sal dit moet leer sien as verblindend, 'n bedrieglike lig om julle siele die ware lig nie te laat herken nie. Julle moet weet dat die wêreld eens sal vergaan en julle daarom sal moet streef na wat onverganklik is. Dan sal die stoflike wêreld alle gevaar vir julle verloor. Inteendeel, julle self sal baie daartoe kan bydra om aardse materie te help om hulself positief te ontwikkel, deurdat julle daaraan geleenthede verskaf om te dien, dit wil sê materiële dinge hul bestemming gee, deurdat julle nuttige voorwerpe maak, sodat die geestelike daarin kan dien en daardeur opwaarts kan gaan. Poog om alles na sy bestemming te lei en dink veral aan julle eie siele, dat julle julself te midde van die wêreld sal ban van aardse begeertes, dat julle sal insien dat die geesteryk die plek is waar julle vandaan kom en dat julle weer daarop sal moet afstuur, met die ernstige wil om die hereniging met God te bereik, wat die sin en doel is van die aardse bestaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205