BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 458

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verantwoording by die oordeelsdag – Verlosser Jesus Christus 4984 Vroeër of later sal almal van julle voor My regterstoel moet rekenskap gee en elke uur onthou wat julle gemors het en wat vir ewig verlore gegaan het. Vroeër of later sal julle almal julle sondes moet bely, omdat dit aan die lig sal kom en nie langer geheim gehou kan word nie, want niks bly verborge voor My oë nie. En só eis Ek rekenskap van al julle gedagtes, woorde en dade. En julle moet hierdie dag van oordeel onthou indien julle dink dat julle ongestraf kan sondig, hierdie dag, wanneer julle almal verantwoording sal moet doen oor julle manier van lewe op aarde. Dit sal sonder versuim kom en sal julle almal verras, omdat julle dit nie heeltemal so gou verwag het nie. Tog sal dit kom soos 'n dief in die nag, sonder waarskuwing en in stilte, dit sal kom wanneer niemand dit verwag nie. En tog nie onaangekondig nie, want lank daarvoor sou Ek die mense se aandag daarop gevestig het, op die Oordeelsdag, die dag van die einde en die vernietiging van die aarde. Die feit dat julle mense dit nie wil glo nie, sal nie My plan van die ewigheid verander nie, want hierdie dag is voorafbepaal volgens My wil en die menslike wil sal nie in staat wees om dit uit te stel nie, maar moet hulle onderwerp aan My wil. Die rede waarom Ek aanhoudend met mense praat deur dienaars op aarde en in die koninkryk van lig, is te danke aan die feit dat 'n dag soos hierdie, wat die afsluiting is van 'n onvoorstelbare lang tydperk van ontwikkeling, nie onaangekondig sal kom vir die mensdom nie. Die Dag van Oordeel is die afsluiting van 'n aardse tydperk wat aan die mense toegestaan is vir hulle redding. Gedurende hierdie ontwikkelingsperiode het mense 'n besondere voorreg ontvang. Die goddelike Verlosser Jesus Christus het Self aarde toe gekom om die mense te help wat wou misluk in hul proses van ontwikkeling. En dus kon mense hulself verlos as hulle dit net wou. As hulle egter nie wil nie, dan sal dit hulle eie skuld wees en vir solank as wat mense op die aarde woon, waarsku Ek hulle aanhoudend oor hierdie fout. Hulle skuld bestaan slegs uit die feit dat hulle nie hulp wil aanvaar nie, en is te swak op hul eie. Wat hulle kan doen, wil hulle nie doen nie, dus sal hulle ook verantwoordelikheid moet aanvaar vir wat hulle nie wil doen nie. Dit is hoekom almal tot verantwoording geroep sal word op die laaste dag, want hulle almal het 'n mate van seëninge tot hulle beskikking wat hulle sou gehelp het om met gemak op te vaar. En die aanduidings van die einde deur sieners en profete is deel van hierdie seëninge. Maar iemand wat nie na hulle wil luister nie, wat nie geloofwaardigheid aan hulle wil gee nie, het ook niks vir sy eie verlossing gedoen nie. Ek het die mense altyd deur sieners en profete vermaan en gewaarsku, en dikwels genoeg die einde van die ou aarde aangekondig en dit verduidelik ook die verskyning van profete in My Naam, want Ek sal die mense nie sonder waarskuwing laat nie, want julle leef in die laaste dae en die einde is so naby, dat julle geskok sal wees indien julle die dag en die uur sou weet. Aanhoudend vestig Ek julle aandag daarop, maar niemand sal gedwing word om dit te glo nie, maar wee diegene wat My Woord gehoor het en geweier het om dit te glo, wat dit as My Woord herken het, maar nie geglo het aan die einde en die oordeel nie en hulleself dus nie voorberei het vir die einde nie. Wee hulle, want die uur wanneer die laaste oordeel kom sal hulle verras. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205