BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 322

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waak en bid dat julle nie in die versoeking kom nie 4662 Julle moet waaksaam wees en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Van die kant van My teenstander, wat julle van My Wil vervreem, is daar ‘n onophoudelike stormaanval teen julle wat My trou wil bly. Hy wend alle middele aan en nie in die minste sal hy skroom om julle onbekwaam te maak om die verbinding met My tot stand te bring nie, sodat hy ‘n maklike spel sal hê, sodra julle swak geword het. Hy loer vir geleenthede om julle tot ‘n val te bring en slegs hy wat ‘n sterk wil het, wat steeds ‘n innige gedagte na My toe kan stuur om hulp, sal nie voor hom beswyk nie. Roep My aan in elke nood van die liggaam of die siel, dit noem Ek bid en waaksaam wees; rig julle gedagtes omhoog waarheen hy nie kan volg nie en ontvlug hom verseker en begewe julle in My beskerming. Hy sal met alle geweld poog om julle aan die aarde te kluister, aan dit wat sy deel is en tot sy ryk behoort, hy sal julle van My afvallig wil maak, ontrou maak aan geestelike strewe, hy sal twyfel in julle saai en julle gedagtes in die war wil bring deur nood en verskrikkings, sodat julle die weg na My nie meer sal kan vind nie, sodat julle sal versink in die wêreldse en My vergeet. Waak en bid en maak julle los van hom wie My teenstander is en bind julle meer en meer aan My, julle Vader van ewigheid af wat julle waarlik iets mooier kan bied as hy. Waak en bid, want die verleier is voortdurend om julle heen en poog om julle te vang. Wie oplettend is, sal hom herken en sal hom kan ontvlug. Wees blymoedig en vrolik omdat julle My as voortdurende Beskermer om julle het, tot wie julle julleself kan wend, wanneer daar vir julle gevaar dreig, want Ek hoor die sagste roep wat uit die hart kom en staan julle by sodat julle in die stryd teen hom kan seëvier. Maar wie te veel vertrou op homself en sy eie krag en meen dat hy My hulp kan ontbeer, sal die onderspit delf, want hy oorskat homself en dink nie aan die krag van die teenstander wat sterker is as hy nie. Met My sal julle oorwin, maar sonder My sal julle beswyk en aan elke versoeking ten prooi val. Maar om met My te gaan, beteken om My teenwoordigheid toe te laat deur gebed en werke van liefde. Dan sal julle gevrywaar wees teen alle inmenging van die vyand, dan is hy magteloos teen julle, want dan moet hy stry teen My en Ek is heelwat magtiger as hy. Waak en bid, dan het hy elke aangrypingspunt verloor. Hy sal julle vermy, omdat julle dan in die lig staan wat My nabyheid uitstraal en wat vir hom ondraaglik is. Roep My aan in elke versoeking en Ek sal steeds by julle wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205