BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 375

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die sigbare verskyning van die Heer 4783 Aan diegene wat Myne is, wil Ek ‘n teken gee voordat Ek in die wêreld gaan ingryp terwille van die redding van die dwalende siele. Ek sal aan julle bewys dat al My voorspellings vervul sal word. Ek sal My laat sien, maar aan elkeen op ‘n ander wyse. Wie oplet, sal weet dat dit Ek is wat na hom toe gekom het, ofskoon Ek ‘n vorm sal kies wat homself sal aanpas by die omgewing en wat homself nie op ‘n ongewone wyse sal vertoon nie. Ek wil na elkeen van julle toe kom wat My wil dien en vir die verspreiding van My Woord sorg dra. Ek wil Self na julle toe kom om julle geloof te versterk, sodat julle die toekomende gebeurtenisse kalm kan verdra en julle medemens helpend kan bystaan. Want in die algemene opskudding moet julle, My dienaars, besonne en kalm wees om oral hulp en troos te kan verleen waar die nood groot sal wees en waar hulp nodig is. En wie My dan dadelik sal herken, sal deur My teenwoordigheid gelukkig wees. Bewustelik sal hy elke uiting van My ondervind as ‘n gawe van baie groot liefde en sy hart sal netso so in liefde ontgloei. My Krag sal so op hom oorgaan dat hy bekwaam sal wees om alles tot stand te bring wat hy ookal wil. Nie almal sal My herken nie, dog vele sal bemerk dat daar ‘n buitengewone IEMAND teenoor hulle staan, Wie se woord hulle onvoorwaardelik as waarheid sal kan aanneem. Eers op die laaste sal hulle My bliksemsnel herken en My jubel en prys wanneer Ek hulle verlaat het en tog as ‘n onuitwisbare beeld in die harte agterbly by almal wat Ek met My teenwoordigheid verbly het. Sodoende sal hulle My weer in die hart vind, ook as Ek vir hulle liggaamlik nie meer sigbaar sal wees nie. Hulle sal voortdurend krag kan put en ywerig die arbeid vir My ryk verrig wanneer Ek van Bo sal spreek en die mense daardeur in uiterste nood beland. Dan sal diegene wat Myne is, baie werk aantref en Ek sal hulle Self help. Ekself sal deur Myne tot almal spreek wat My wil hoor en wat die woorde van Myne sal glo. Ek sal tot hulle spreek en julle sal van My getuig. Julle sal van My verskyning vertel en hulle met lewendige woorde vertel wat julle in julle harte vir My voel. Daardeur sal julle baie wen, omdat die nood groot sal wees en die mense vir elke opheldering, vir elke troos en hulp dankbaar sal wees. En julle sal vir My en My ryk arbei, omdat julle julleself gedrewe deur My sal voel, Ek, wie in julle harte sal wees en wie julle nooit meer sal verloor wanneer julle My eenmaal aanskou het nie. Wie Myne geword het, laat Ek ewig nie meer los nie. Daarom sal Ek na diegene kom wat Myne is in die tyd vóór die einde en hulle sal My herken, want die liefde sal aan hulle sê wie Ek is. En na gelang hulle liefde sal wees, sal ook hulle saligheid wees wanneer hulle My aanskou. Wie My in die oë sal kyk, sal deur ‘n onvergelykbare gevoel deurstroom word, sodat hy in My meer as maar net ‘n mens sal herken. Wie nog swak is in geloof en liefde en tog uit eie wil na My streef, sal My nie dadelik herken nie, dog sal My Woorde hom ontroer en die vuur van die liefde in hom laat ontbrand. Dan sal hy My somtyds eers herken wanneer Ek hom reeds verlaat het, as Ek liggaamlik nie meer by hom sal wees nie. Ek sal as mens midde onder julle kom, maar voor julle oë sal Ek ‘n omhulsel kies wat Ek net so vinnig weer sal oplos om vir julle onsigbaar te wees. Want deur My verskyning wil Ek julle almal krag laat toekom, sodat julle aan My getrou kan bly en volhard. Daar sal groot krag nodig wees wat julle nie alleen sal kan opwek nie, maar Ek ken diegene wat Myne is en sal hulle nie meer aan My teenstander oorlaat nie. Glo daarom steeds aan My hulp en vertrou steeds daarop. Hoe groter die nood, des te nader sal Ek aan julle wees, julle wat My liggaamlik sal aanskou. Dan sal julle egter ook weet dat die uur spoedig sal kom waarin Ek My aan almal sal openbaar wat nie wil glo nie en tog nie sonder kennis is dat die einde naby is nie. Dan sal ook die tyd spoedig verby wees wat Ek die mense ter verlossing gegee het. En dan kom die dag van die einde en daarmee die laaste oordeel, soos wat verkondig is in woord en geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205