BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarheid van die Goddelike Woord - Inwerking van ligwesens op julle lot 4118 Elke openbaring het sy oorsprong in My, wat na innige gebed as stem van die Gees te hore is. Dit sou dus onsinnig wees om aan te neem dat Ek My ooit sou kan teenspreek en daarom is dit noodsaaklik om aan elke openbaring waarde te heg en so sal ook die betekenis daarvan makliker begryp kan word. Ek plaas geestelike versorgers naas julle op aarde, wat julle bystaan en Ek gee hulle ook die reg om op julle aardse lewe in te werk, in soverre hulle julle sal lei op julle aardse weë, dat hulle julle lot sal bestuur en voeg volgens My Wil. So sal ook julle aardse lewe steeds gevorm word soos wat dit dienstig sal wees vir die rypwording van julle siele. Daar kan nouliks van ‘n volkome vervulling op aarde gepraat word, omdat dit die rypwording in twyfel sou trek. Daar moet baie meer voortdurende gevegte plaasvind, waardeur die mens wat sy geestelike vooruitgang ernstig opneem, ryp kan word. Maar sodra dit egter nagestreef word en die gevaar nie meer bestaan dat die mens sal opgaan in die wêreld nie, hou hulle ook rekening met die aardse begeertes, omdat dit My Wil is en dan is ‘n geestelike positiewe ontwikkeling ook gewaarborg, ofskoon julle aardse geluk in ooreenstemming met julle geestelike arbeid sal wees. Maar dan is dit My Wil wat die geestelike versorgers uitvoer en dan kan die mens gerus van sy aardse geluk geniet en dit sal hom geen geestelike nadeel oplewer nie, indien julle gebed steeds lui: Vader, laat U Wil geskied. ‘n Uitermate sterk begeerte kan die geestelike arbeid van die mens wel beïnvloed, deurdat dit minder ywerig uitgevoer word, maar dan sal die geestelike versorgers hulpvaardig besig raak om die begeerte te beperk, d.w.s. hulle vorm die lewe d.m.v. ‘n lotsbestemming en beweeg die mens om daarvan af te sien, dog nooit deur dwang nie, maar slegs deur sy gedagtes te beïnvloed om hom van die baie sterk begeerte af te haal en hom weer, as hy in My Wil berus, met My genadegawes te oorlaai. ‘n Kind wat op My gerig is, het My uitermate lief en sal getrou deur My versorg word tot die einde, en Ek verhoor sy elke gebed. Ek bekommer My oor al sy begeertes en skenk hom ook op aarde al geluk en vreugde, indien hy maar na My sal verlang en My nie eenkant toe skuif vir sy begeertes nie, wanneer hy My met liefde nader en elke versoek aan My vol vertroue voorlê, want My Liefde is steeds bereid om te gee en sal ook aan Myne op aarde ‘n toestand van geluksaligheid en vrede verskaf. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205