BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 570

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vergewing van sondes (1) 5261 Die duidelike rig van die wil na My toe, laat My ook die verandering in die hart van ‘n mens sien, dit toon aan My dat die mens na My verlang, dat hy die weg wat hy tot nou toe gegaan het, verlaat het; dat hy sy weerstand heeltemal opgegee het en My as Heer en Vader erken. Dienooreenkomstig word die doel nou werklik bereik, die mens het hom geskei van My teenstander, wie hy sedert ewigheid gevolg het en hy het na My kamp oorgekom, hy het die een sfeer verwissel met die ander, hy het die lig gesoek en die duisternis ontvlug. ‘n Verandering van wil in die hart van ‘n mens erken Ek egter steeds en nou begin ook die proses van kragoordraging, sodat die wil, wat na My gewend is, versterking kan ondervind en die mens nou sonder ophou sy doel kan nastreef om met My verenig te raak. ‘n Verandering van wil het onvermydelik ook ‘n verandering van die wese tot gevolg, dus sal die mens sy wese aanpas by My Oerwese, op Wie hy afstuur. En so sal die wil wat op My gerig is, onvermydelik verbind wees met sy afkeur van sonde en sy afsku daarvan; van onreg, van liefdeloosheid, omdat die wil andersins nog nie op My gerig is nie. Die mens wat vanuit sy hele hart op My afstuur, kan nie sondig nie, soos omgekeerd ‘n sondaar nog geen verlange daarna het om homself met My te verenig nie. Maar ‘n sondige mens kan deur vermaning en teregwysing op sy slegte toestand opmerksaam gemaak word en tot nadenke gebring word, hy kan dan sy toestand as sondig insien en daarvan afsien. Die sondelas as sodanig sal dan op hom druk en van hierdie las wil hy bevry word. Word hy nou op die Verlosser Jesus Christus as Delger van sy skuld gewys, dan lê hy Hom wel die skuld voor en vra Hom terwille van Sy bloed om vergewing. Dan het die skuld hom na Jesus Christus gedryf, nie die liefde vir My nie. Iedere sondaar vind vergewing deur Jesus Christus, deur sy geloof aan die Verlossingswerk en die hulp van die genadeskat wat deur Hom aan die kruis verwerf is. Maar nie net die sonde moet Hom dryf nie, maar ook die liefde. Die mens moet eers aan My en dan aan homself dink, dan sal hy by My die hoogste Wederliefde vind, dan sal hy nie vanweë die las wil vrykom van sy sondes nie, veeleer omdat dit ‘n hindernis is by die vereniging met My en omdat hy My Liefde vir hom hoër aanslaan as die delging van sy skuld. Julle is almal met skuld belaai, omdat julle andersins nie op aarde kan leef nie, want julle menslike omhulsel alleen bestaan al uit iets geestelik wat skuldig geword het. Die siel kan al wel meer voleindig wees, sy is egter nog van benede afkomstig, dit wil sê, saamgestel uit iets geestelik wat deur alle aardse skeppings heengegaan het, wat haar laaste wilsproef moet aflê op aarde. Gevolglik moet sy haarself in haar aardse lewe bevry van haar skuld van weleer, juis deur die verandering van haar wese, deur die bewustelike strewe om by My te kom. En omdat slegs dit beoordeel word wat sy in vrye wil doen, is haar wil wat nou na My toegekeer is, ook die bekentenis van die vroeëre skuld. Want die siel gee haar weerstand teen My op, dus erken sy My as Skepper en Vader van ewigheid af. Niemand kan haar tot hierdie wilsbesluit dwing nie, omdat slegs dit beoordeel sal word wat uit die mees innerlike van die hart opstyg. Indien die siel haarself in die diepste deemoed buig voor My, dan het al die liefde in die hart ook ontvlam en dan sien sy haar weerstand van weleer as sonde in. Sy sal haarself in deemoed aan My oorgee en het dus ook in die hart haar sonde beken voor haar Vader, Wie hierdie siel liefhet. Daarom verlang sy na Hom en doen alles in gehoorsaamheid en in liefde tot My wat Ek verlang. Ek, Wie in die hart sien, is presies op hoogte van die graad van liefde en van die rigting van die wil van ‘n mens en daaraan beantwoordend gaan My Liefde en My genade uit na hom, want Ek gee nie meer op wat eens deur middel van sy wil die weg na My gevind en wie hom vir My uitgespreek het nie. Die gevalle wese het die hoogte uitgeklim, hy wil nie meer in die sonde vertoef, in verset teen My nie, wat die gevolg was van liefdeloosheid. Hy sal ook alles verafsku wat maar na die kleinste weerstand teen My sou lyk. Hy kan nog wel val, maar dan alleen uit swakheid en op so ‘n val sal die berou ook dadelik volg, wat smartlik sal wees en sal pyn veroorsaak by die mens wat al aan My behoort, My Liefde is steeds bereid om te vergewe waar Ek die liefde vir My sien. Want die siel spreek die oordeel teen haarself hard en regverdig uit en haar bede om vergewing is ‘n smartlike roep omhoog, wat Ek waarlik nie onverhoord sal laat nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205