BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 445

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Liefde tot God en die naaste 4961 Wat julle wil hê dat die mense vir julle moet doen wanneer julle in nood verkeer, doen dit ook vir hulle. Dit is die gebod van naasteliefde, wat vir julle die vernaamste gebod is, omdat dit tegelykertyd die liefde tot God insluit. Want wie sy naaste liefhet soos sy broer of suster, die het ook die Vader lief bo alles, Wie se kind die naaste is. En so weet julle wat julle moet doen om salig te word, want beide hierdie gebooie is die wese van My Wil en om dit te vervul, is julle doel op aarde. As julle die twee gebooie van die liefde tot God en julle naaste nakom, dan kan julle nie sondig nie, maar julle leef dan volgens My welgevalle en Ek sal julle seën daarvoor, deurdat julle sal toeneem in insig en wysheid, lig en krag. Maar julle weet ook dat die teenstander julle steeds weer benader om julle van die korrekte weg af te dring, om julle van My afvallig te maak. Dus sal hy steeds probeer om dit te verhinder wat My welbehae opwek. Hy wil julle van die liefde tot My en julle naaste weghou en steeds probeer om julle daartoe te bring om hierdie gebooie van My te oortree. Hy sal dit in julle bewussyn lê dat julle self die vernaamste is, dat julle in die eerste plek aan julleself moet dink en sodoende aan die eieliefde die oorhand gee, sodat julle vir die nood van julle medemens geen begrip sal hê nie. Hy wil dat julle My eenkant plaas terwille van dit wat julle vir julleself nastreef, naamlik aardse goedere wat verganklik is. En so moet julle nou self die besluit neem. Julle moet vir My of vir My teenstander kies. Julle moet My gebooie nakom of in eieliefde ten gronde gaan, want My teenstander wil slegs julle ondergang bewerkstellig. Om julle gelukkig te maak, kan alleen die liefde wat julle aan My en julle naaste gee, want hierdie liefde is waarlik krag en vermeerder geestelike goedere. Om julle medemens te help, is enkel en alleen die doel van julle aardse bestaan, want die onbaatsugtige naasteliefde is die regte verlossingsmiddel vir julle siel, dit is die koopprys vir die ewige saligheid. In die geesteryk is die liefde vanselfsprekend, terwyl dit op aarde ‘n oorwinning verg, omdat die eieliefde nog ‘n sterk teenwig vorm, wat egter ‘n verkeerd gerigte liefde is en die toegang tot die ryk van die salige geeste afsluit. Die liefde gaan van My uit en voer weer tot My terug, maar wie egter sonder liefde is, het hom vrywillig van My Liefdestroomkring afgeskei en is daarom in gevaar om hom ten prooi te val wie heeltemal sonder liefde is, omdat hy My teenstander is. Daarom moet die stryd hom laat geld, die liefde moet beoefen word en gevolglik steeds My gebooie vervul. Julle moet julleself tot liefde omvorm deur onbaatsugtige werke van liefde, sodat julle julleself kan bevry van die kluistering van julle vyand, sodat julle met My kan verenig en ewig salig wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205