BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Losmaking van aardse besittings 3723 Gee alles wat op aarde kosbaar is vir julle as offer aan My en julle sal in oorvloed ontvang wat My Liefde aan julle wil gee en wat julle reeds uiters gelukkig op aarde en later in die ewigheid sal maak. As julle wil ontvang, moet julle eers bereid wees om te gee; maar as julle aan aardse besittings vasklou, sal die rykdom van die geestelike koninkryk vir julle onverkrygbaar wees. Aardse besittings sluit alles in wat julle aardse plesier gee, wat julle vir julle fisiese behoefte as nodig beskou. Julle moet alles wat julle op aarde lief het, graag en vrywillig aan My offer, die dinge wat julle nie in die geestelike koninkryk kan volg nie, sodat julle ewige rykdom kan ontvang wat julle in die ewigheid sal volg. Hoewel julle ongetwyfeld offers sal maak, sal julle nietemin hulle vir iets onvergelykbaar beter ruil; dit is slegs ‘n tydelike pyn van losmaking, wat spoedig deur ‘n salige sekerheid gevolg sal word dat julle dan ware rykdom sal besit wat van ewige waarde is. As Ek alles so van julle wegneem, moet julle nie ontmoedig word en My Liefde en genade betwyfel nie, of My beskerming, wat Ek nietemin aan julle verleen, selfs wanneer julle dit nie herken nie. Ek sal slegs van julle neem om julleself nog meer terug te gee en as julle dit wat vir julle kosbaar is, vrywillig laat gaan, sal julle liggaam ook ontvang wat hy nodig het. Slegs julle hart moet hom losmaak van alles, want die oorvloed van My genade moet ‘n plek hê wat van alle aardse verlange gereinig is. Alles wat julle vrywillig offer, het nie nodig om met geweld deur My geneem te word nie, maar losmaking daarvan moet gedoen word, indien julle in krag en genade wil groei, in volwassenheid van siel en geestelike rykdom, wat julle rykdom in ewigheid sal vorm, en so sal julle daardeur ook dit herken, naamlik dat Ek slegs deur My Liefde gemotiveer word wanneer Ek van julle, My gelowiges, neem wat tot die aarde behoort, omdat Ek julle ontvanklik wil maak vir My geestelike liefdesaanbiedinge; julle sal leer om te verstaan dat Ek nie ten volle in julle kan werk, solank as wat julle liefde nie aan My alleen behoort nie, maar ook geneig is tot aardse goedere. Gevolglik is dit ‘n seën wanneer Ek probeer om julle van hierdie liefde los te maak deur van julle te neem wat julle moeilik vind om gewillig op te gee. Offer alles aan My, probeer om julle hart van alle wêreldse dinge los te maak en julle sal spoedig die seën van julle bereidheid voel om offers te maak, want daardeur sal julle My na julle toe trek, wat nie meer hindernisse vind om oorvloedig in julle te werk nie, want julle het nie meer tyd om aardse verlange langsaam te oorwin nie; julle moet julleself vinniger losmaak en daarom ook meer pynlik, maar dit sal altyd vir julle voordelig wees wanneer julle julleself aan My wil oorgee, wanneer julle nederig julle lot aanvaar en nie hunker na aardse besittings nie, want hoe makliker julle julleself daarvan kan losmaak, hoe ontvankliker en meer gewillig sal julle hart vir geestelike gawes wees en dit sal julle duisendvoudig kompenseer. Julle sal slegs hulle ware waarde in die hiernamaals herken, in die geestelike koninkryk en dan sal julle oorvloedig gelukkig wees wanneer julle daar met ‘n rykdom aan geestelike besittings ingaan en daarmee vir julle eie geluk kan werk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205