BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 443

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Liefde vir die wêreld is ‘n dodelike siekte - Niemand kan twee here dien nie 4957 Die liefde vir die wêreldse is ‘n sluipende siekte wat sekerlik na ‘n geestelike dood sal voer. Daarom kan julle goed begryp dat julle Hemelse Vader heel dikwels na pynlike middele moet gryp om julle van hierdie dood te red, om te sorg vir julle geestelike genesing, om julle aan te spoor om afstand te doen van wêreldse vreugde, sodat julle ewig sal lewe. Dit sou ‘n vals medelye wees as Ek vir sulke middele sou terugdeins, om julle nie te laat ly gedurende julle aardse lewe nie. Dit sou ‘n skynliefde wees wat julle geen seën sou kon bring nie, maar slegs verderf vir julle siele. My Wysheid sien egter vooruit en My Liefde probeer om julle te help. Dat julle die wêreld moet opgee om My te wen is onvermydelik. En wanneer julle dit nie vrywillig wil opoffer nie, moet Ek dit van julle neem waaraan julle harte hang. Daarom moet julle so dikwels op aarde ly, ofskoon julle lewenswandel nie uitgesproke sleg is nie. Tog is julle nog vervul met ‘n onware liefde, die liefde vir die materie, ‘n liefde wat eers reg gerig moet word, indien dit julle gelukkig moet maak en solank julle hierdie liefde nie uitroei uit julle harte nie, het Ek geen plek daarin nie, want waar Ek vertoef, moet al die verlange na die aardse oorwin wees. En weer moet Ek sê: “Niemand kan twee here dien nie!” Ek neem geen genoeë met ‘n gedeelde liefde nie. My teenstander, die vors van die wêreld, laat dit ook nie toe dat julle hom nie alleenreg gee op julle siele nie en so moet die mens noodgedwonge kies vir My of vir hom. Solank hy egter die wêreld begeer, kies hy hom wat hom omlaag trek in die verderf in. Hy gee julle oorvloedig gedurende julle aardse lewe, maar na die dood staan julle in die bitterste armoede aan die ander kant en kwelling en duisternis sal julle lot wees. My gawes is egter nie baie verleidelik op aarde nie, want dit bestaan uit geestelike goedere, wat vir julle mense tydens julle aardse lewe nie baie aantreklik lyk nie, daarenteen sal dit na julle dood ‘n onmeetlike rykdom beteken wat julle gelukkig sal stem en julle vir ewig tot kinders van die ligryk maak. Ek bied julle onvergelyklik meer as My teenstander, maar sy gawes betower julle en maak julle begerig daarna. Maar dink aan die lewe na die dood. Dink daaraan dat julle die uur van julle heengaan nie ken nie, dat dit egter baie naby kan wees en julle dan alles sal verloor wat julle aan aardse goedere besit het. Dan moet julle die uur van die dood vrees. Dog julle sal daarna verlang wanneer julle vir julle geestelike skatte versamel het, wanneer julle afstand gedoen het van aardse goedere, om die gawes wat deur My aangebied was, in die plek daarvan te stel. Dan sal julle na die uur van die dood verlang, want julle sal weet dat die uur van die binnegaan in die ewige lewe gekom het, omdat julle die aarde gaan verlaat. Die aardse lewe sal dan vir julle as ‘n vlugtige oomblik voorkom en tog was dit beslissend vir die hele ewigheid. Daarom moet julle verstaan wanneer Ek die mense beproef met allerlei plae, wanneer Ek alles van hulle wegneem wat vir hul begerenswaardig is. Dit is nie wreedheid nie, maar Liefde en Wysheid, Wie baie goed insien dat en waarom julle mense in gevaar is en julle uit die gevaar wil red. Wie ly moet weet dat hy deur My bemin word, maar aan wie in alle oorvloed van die lewe aardse goedere gegee word, die is reeds onderworpe aan My teenstander, want Ek ken reeds sy wil en Ek dwing hom nie tot verandering van wil nie. Dog kom Ek ook hierdie mense tegemoet deur hul medemens wat hul harte moet ontroer, sodat hulle tot liefde sal omvorm, dan sal redding ook nog vir hulle verseker wees. Indien hulle egter hul harte verhard, dan sal hul luukse lewe steeds duidelik aan die lig kom, want die “heer van die wêreld” gee ryklik aan hulle, want hulle het hul siele verkoop terwille van aardse goedere en die geestelike dood staan vir hulle vas. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205