BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Werk van Vernietiging - Hernieude Kluistering 4353 Geestelike vordering kan nooit bereik word in ‘n wêreld van haat en liefdeloosheid nie, en daarom misluk die aarde in haar ware doel, naamlik om beliggaamde gees te help om omhoog te ontwikkel. Gevolglik het die tyd aangebreek dat die menigvuldige skeppings wat dié doel moes vervul, ontbind sal word en die gees bevry moet word ten behoewe van nuwe vorme. Maar vir die mensdom beteken hierdie ontbinding egter ‘n terugval vanuit die alreeds beklimde hoogte, tot in die diepste afgrond, dit beteken ‘n terugval in die hardste materie en ’n tweede gang deur alle skeppingswerke op die nuwe aarde. Die mense is egter heeltemal onkundig, as gevolg van hulle gebrek aan liefde, en het nóg die tyd, nóg die wil, om na te dink oor wat vir hulle voorlê wanneer hierdie kennis aan hulle meegedeel word. Hulle is nie geïnteresseerd in geestelike probleme nie, en dit is ook ‘n teken dat die tyd van die ontbinding van die ou aarde aangebreek het. En hulle is nie vir toepaslike uitleg toeganklik nie. Hulle lewe slegs vir hulle wêreldse belange en wys alle geestelike gesprekke af en daarom lewer vermanings en waarskuwings geen resultaat op nie. As daar egter geen verdere moontlikheid bestaan om geestelike verandering op aarde te bereik nie, as ’n geestelike oplewing heeltemal onmoontlik is, dan kan daar maar net ’n algehele verval verwag word. Dit sal God egter nie toelaat om te gebeur nie, want Hy sal die aarde vooraf omvorm, wat wel met ’n algehele werk van vernietiging sal gepaardgaan, maar wat reeds voorsien is in die plan van ewigheid. Die volledige ontaarde mensegeslag, dus die daarin gebonde gees, sal weer die moontlikheid gegee word tot ’n opwaartse ontwikkeling, omdat God se oneindige liefde nooit enigiets heeltemal sal laat val nie, al verset hy hom ook heeltemal teen Hom. Die laaste vernietiging van die aarde sal daarom terselfdertyd ‘n daad van die grootste barmhartigheid wees, maar dit sal onherroeplik plaasvind, ten einde ’n nog steeds dieper wegsinking van die mense te verhoed. Want hulle het in hul liefdeloosheid elke verbinding met God verbreek en die kloof tussen Hom en hulle so verbreed, dat die krag by hulle ontbreek om opwaarts te ontwikkel. En daarom kom God hulle tot hulp. Hy ontneem hulle van die uiterlike vorm en bind weer die gees opnuut, sodat die oneindige wye kloof, wat deur die mens se vrye wil tot stand gebring is, weer kleiner gemaak sal word in die toestand van dwang, sodat die gees daardeur weer nader aan God kan kom in die gebonde toestand om eenmaal weer die geleentheid te verkry om die vrye wil korrek te gebruik ten einde God te bereik, al is dit ook na ’n oneindige lang tyd. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205