BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gevaar van niksdoen in die eindtyd 3716 Gedurende die tyd van die einde mag julle julleself nie aan traagheid oorgee nie, julle mag nie werkeloos bly en onverskillig die einde afwag nie, maar julle moet onafgebroke arbei, geestelik en ook aards, sovêr as wat nodig is, want julle siele trek slegs voordeel uit werksaamheid, egter nooit uit rus nie. Die laaste tyd sal ook ‘n drukke aktiwiteit vereis, as gevolg van die groot nood, waardeur die mens gedwing sal wees om deel te neem aan alle werk, want ‘n luukse lewetjie sal slegs deur diegene gelei word wat My sal verraai, wat My ontrou geword het. My getroues sal met die allerergste nood te kampe hê, ook aards, wat hulle egter tog met My ondersteuning sal kan oorwin, indien hulle ywerig besig sal wees, maar tot op die laaste oomblik wil Ek hulle aktief hou, Ek wil nie dat hulle deur niksdoen die gevaar loop om van My af te dwaal nie, dat hulle vergelykings sal maak tussen hulself en die goddelose nie en wankelmoedig word in die geloof in My nie. Om ywerig besig te bly, sal hulle beskut teen onware gedagtes, want aktiwiteit is lewe en solank ‘n taak uitgevoer word tot welsyn van die medemens, sal dit ook seën bring vir die siel van die mens. Hierdie moeilike tye sal ondersteuning aan ander vereis, Myne sal uitermate aktief moet wees en selfs My verteenwoordigers, My dienaars op aarde, sal nie daarvan vrygestel wees nie en Ek sal die inspanning van almal seën en die ergste nood van hulle wegneem, alhoewel dit vir die wêreld sal lyk asof die mense hulself help, want teenoor die wêreld sal My hulp eers openlik aan die lig kom wanneer die krag van die geloof sigbaar word. Elke mens sal in staat wees om te werk en na geestelikheid te strewe, ondanks die grootste beswaring van sy liggaamlike kragte voor die einde, want wanneer hy na My sal streef, voer My geestelike kragte die arbeid vir die mens uit en kan hy sy gedagtes ongehinderd laat dwaal in die geesteryk, hy kan te alle tye met My in verbinding staan, hy sal nie deur die uitoefening van liggaamlike arbeid verhinder word om te werk vir God se ryk nie, waar dit van toepassing is. Ek sal elkeen plaas op die plek waar hy volgens sy kapasiteit kan werk, geestelik en aards. Bowendien sal die tyd vir ‘n aktiewe mens korter voel, terwyl ‘n mens wat niks doen nie, die tyd vir homself verleng deur sy traagheid. Ledigheid lewer geen sukses op nie, - geestelik of aards. Van ‘n leeglêer neem die vors van die onderwêreld besit, hy lok hom deur wêreldse beloftes en lei hom weg van sy eintlike doel op aarde. Die luie mens volg hom al te gewillig, omdat hy sy aardse lewe probeer verbeter. Ek waarsku Myne ernstig teen ledigheid. Alle werk wat nie uit liefdeloosheid bestaan nie, sal Ek seën en My seën sal sy uitwerking hê in voortdurende hulp in geestelike, asook in aardse nood. Daarom, wees onafgebroke besig, bedink dat die tyd tot die einde nie meer vêr is nie en dat alle aktiwiteit lewe is. Beëindig nie die toestand van lewe vroegtydig nie, gebruik ook die lewenskrag wat na julle toe stroom op die regte manier, dan sal die geestelike krag ook vermeerder word. Julle moet volhou tot die einde en geen nood vrees nie, want julle sal dan My Wil ook in die opsig vervul en julle sal steeds seker kan wees van My beskerming, van My Liefde en van My Krag. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205