BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 315

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike wedergeboorte 4641 Die beslissende oomblik in die aardse lewe is die wil se geneigdheid tot God, want van hierdie oomblik af begin die siel te verander, effektief is dit die draaipunt, die begin van die terugkeer van die eens gevalle gees na God. Hoe vroeër hierdie bewustelike rigting van wil in die mens se lewe plaasvind, hoe groter is die volmaaktheid wat hy kan bereik voordat hy sterf, maar dit is ook moontlik om binne 'n kort tydjie 'n hoë graad van volwassenheid te bereik, indien die mens baie later besef dat hy, as God se lewende skepping, behoort te streef na eenwording met Hom. In daardie geval kan hy streef om sy siel met 'n verskerpte wil te verander en steeds ten volle volwasse word. En so is elke gebeurtenis in die mens se lewe slegs daar om 'n verandering van wil te veroorsaak, maar sodra laasgenoemde die regte rigting geneem het, loop die siel nie meer die risiko om in die duisternis af te gly nie, want God sal haar na Homself trek sodra as wat sy haar besluit bekendgemaak het om na Hom uit te reik. Hierdie wilsbesluit, naamlik die doelbewuste draai van gedagtes na God toe, is effektief die mens se geestelike wedergeboorte, want die siel gaan 'n nuwe lewe binne, sy lewe nie meer in die suiwer aardse materiële wêreld nie, maar dring dieper, sy soek na Waarheid en vind Haar, want God onthul Homself as die ewige Waarheid deur die siel wat na Hom verlang, geestelik te beïnvloed. So 'n wedergebore siel moet gekoester word en bewerk soos 'n swak saailing, sy moet aan die lewe gehou word met die ligste voeding en stadig fris en sterk word, totdat sy haar eie pad in die lewe kan gaan en moeiteloos die weg na hoër ontwikkeling gaan. Die verandering van wil is ’n daad van wedergeboorte, sy het daardeur die pad begin wat lei tot die ewige lewe, selfs al is daar nog steeds baie gevare en hindernisse, wêreldse versoeking en probleme, wat nogtans oorkom sal kan word deur 'n sterk siel. Dit is bloot 'n vraag of die siel hierdie nodige krag sal ontvang en of sy sal moet honger ly en dus die pad na bo moeilik sal aantref. Dit is weereens slegs 'n saak van die wil, maar sodra 'n wil opwaarts streef na God, sal dit ook deur God vasgehou word en voortdurend positief beïnvloed word, maar sonder dwang. Die mees effektiewe invloed is die Woord van God, wat krag en lewe en voedsel vir die wedergebore siel is en wat help om haar volwasse te maak. ‘n Persoon wie se siel wedergebore is, sal ook altyd ontvanklik wees vir die ontvangs van die goddelike Woord, deur direk daarna te luister, of deur die lees van goddelike openbaringe, of deur middel van geestelike aansluiting met die Primêre Bron van Wysheid, deur middel van bewustelike verbinding met die Een Wie die ewige Waarheid Self is. Hy sal homself heel dikwels in afsondering onttrek, dit is, hy sal homself innerlik bekyk en sy gedagtes sal van bo af in die regte rigting beïnvloed word. Sy siel sal voeding ontvang, sowel as ’n toename in lig en krag. Maar 'n persoon wie se siel wedergebore is, sal ook in liefde lewe, want dit is die gevolg van 'n korrek geneigde wil. En so sal hy volwasse word en volmaaktheid nader, wat die rede en doel is vir sy lewe op aarde, so gou as wat hy homself vrywillig losgemaak het van die krag wat hom gevange hou en waaruit 'n persoon homself moet bevry. Maar om dit te doen, sal hy altyd krag en genade van bo tot sy beskikking hê wat hy sal kan aanwend vir sy geestelike wedergeboorte. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205