BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 378

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Salige lot van ryp siele en die toestand van onvolmaaktheid in die hiernamaals 4801 Julle sal ‘n salige lot verkry in die huis van My Vader. Daar sal julle alles aantref wat julle vreugde sal gee indien julle siele suiwer is en vry van aardse verlangens, as sy ryp sal wees vir die geestelike ryk. Maar waaruit hierdie salighede bestaan, naamlik die vreugdes vir ‘n suiwer vergeestelikte siel, dit sal julle mense eers kan begryp wanneer julle strewe op aarde op geestelike goedere gerig sal wees, wanneer die aarde met haar besit nie meer in staat is om julle te bekoor nie. Wie homself oorgee aan geestelike genietinge, sal vir sy siel verruklike vreugde berei. Die geestelike genietinge sal die gevoel van die siel net so beroer as wat aardse genietinge die liggaam beroer, sodat sy dus bomate gelukkig sal wees, omdat sy geen enkele aardse verlange meer sal hê nie. Net soos op aarde ervaar die siel ook in die hiernamaals die skone en net soos op die aarde ken sy ook die geluksgevoel, maar in ‘n mate waarmee niks vergelyk kan word nie. Want haar verlange gaan direk uit na ‘n vermeerdering van geestelike besittings en hierdie verlange word ook vir die siel vervul. Sy kan onvoorstelbare skeppinge aanskou en hoor en daaruit skep sy gedurig wysheid en krag. Sy verkeer in die bekoorlikste omgewing waar niks op aarde mee vergelyk kan word nie, omdat aardse skeppinge in vergelyking daarmee maar arm en gebrekkig is. En daarom ontbreek dit die mense aan krag om vir hulleself die wondere van God se liefde voor te stel wat Hy Sy kinders wil laat aanskou. En omdat alle wesens met gelykgesinde siele verbonde is, word hierdie saligheid aanmerklik verhoog en die lig voortdurend sterker. Die toestand in die hiernamaals van die onvolkome wesens kan wel beskryf word, omdat dit nie baie anders is as op die aarde nie, deurdat die siele hulself dikwels lewend waan op aarde vir ‘n lang tyd. Soos wat die mense op aarde in die materie lewe en nie kan begryp hoe geestelike strewende mense hulself so van die wêreld kan terugtrek en tog gelukkig kan wees nie, so lewe ook hulle hierbo beskrewe in die geesteryk met dieselfde verlange na die materie, waaraan dit vir hulle in soverre voldoen word, dat die vervulling daaraan hulle nie meer gelukkig kan maak nie, totdat hulle hulself na ‘n lang tyd daarvan begin losmaak, wanneer hulle die waardeloosheid daarvan insien. Maar die geesteryk van die lig met sy bewoners is vir hierdie wesens geslote, want dit is ‘n ander wêreld waarvan hulle nog geen begrip het nie. Hulle sou ook nie daarin kon bestaan nie, omdat die volheid van lig hulle sou verteer. Daar is egter altyd ligwesens onder hulle, wat sonder om herken te word, hulle onderrig en poog hulle wil te beïnvloed, om hulle los te maak van aardse begeertes en iets hoër na te streef om na ‘n dikwels baie lang tyd ook in die ligryk te kan ingaan. Daar kan siele met dieselfde graad van onvolmaaktheid in die hiernamaals kom wat verskillende tydsduur nodig gehad het om tot rypheid te kom, na gelang van die vermoë van hul hart om lief te hê, wat soms in die geesteryk vinniger verander as op aarde. Maar daar is ook diegene wat ‘n baie lang tyd nodig het om hulle gebreke en ondeugde af te lê. Maar steeds is dit vir hierdie onryp siele heel bekende beelde wat hulle te siene kry, terwyl die siel in die ligryk heeltemal onbekende dinge te siene kry en die aanskoue en hoor daarvan onvermoede saligheid teweegbring en waar die wondere geen einde het nie. Want die belofte van Jesus sal vervul word: “Wat geen menslike oog ooit gesien en geen menslike oor ooit gehoor het, het Ek berei vir hulle wat My liefhet!” Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205