BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Menslike gebooie - Naasteliefde – God se gebooie 3697 Menseleringe en -gebooie, sal nie sielerypheid tot gevolg hê nie, want Ek beoordeel die mens volgens sy wil om aan My welgevallig te wees, deur die gebooie toe te pas wat Ek hom gegee het. As menslike gebooie aanpas by My gebooie van liefde, m.a.w., as dit bedoel is om die mens tot liefde te inspireer, sodat nakoming daarvan onselfsugtige liefde vir almal tot gevolg sal hê, dan keur Ek dit goed, want die werking van My Gees sal dan in die opstellers herkenbaar wees. Alle ander gebooie is egter waardeloos in My oë en Ek skenk ook geen aandag aan die vervulling daarvan nie, omdat julle toestromende lewenskrag heeltemal benut moet word om in liefde werksaam te wees, om die sielsvolwassenheid op aarde te bereik. Julle doel moet wees om volmaak te word. Hoe sal julle egter volmaak kan word sonder liefde? Hoe kan julle verwag dat genade na julle toe moet stroom deur die nakoming van gebooie, waarvan die nie-nakoming geen oortreding teen die liefde is nie? Die liefde tot die naaste bewys die liefde tot My, julle God en Vader van ewigheid. Wie sy naaste nie liefhet nie, het ook nie die regte liefde tot My nie, wat hom sou aanspoor tot werke van liefde teenoor sy naaste. As julle nou voorgee om julle uit liefde tot My te onderwerp aan gebooie wat bepaalde uiterlike handelinge vereis, dan aanvaar Ek hierdie liefde nie, want dit is formaliteite wat julle uitvoer met die doel om beloning van mense te ontvang. Hierdie is nie liefdesdade waarmee jy slegs jou liefde vir My bewys, waardeur jy slegs seëninge kan verkry nie. Alle uiterlike formaliteite, alles wat oppervlakkig herkenbaar is, is nie van My nie, maar deur die menslike wil geskep. Slegs onselfsugtige liefde vir ander is vir My welbehaaglik, alhoewel dit ook sigbare handelinge vereis. Ek verwag nie dat julle moet voorgee om iets uit liefde vir My te doen, wanneer dit nie op My Liefdesgebod gebaseer is nie. Ek vra slegs die vervulling van hierdie gebod en opregte gebed, as uiting van ’n wil wat toegewy sal wees aan My. Slegs dan kan julle die voorregte van genade en krag verkry, want daar is geen ander genademiddel as gebed en onbaatsugtige naasteliefde nie en in hierdie geval sal julle egter oorvloedig ontvang. Julle hele lewe behoort ‘n innerlike een wees, sonder pretensie, maar julle moet My uiterlik verklaar. Julle moet My onderrig bely, wat julle ook moet poog om na te volg, julle behoort julle geloof in My openlik aan die wêreld te erken, in My Naam en daad van verlossing, dit beteken, julle behoort met jul medemense te praat sodat hulle julle gedagtes kan ken en besef dat julle begeertes nie die fisiese wêreld betref nie, maar neig na die geestelike ryk. Julle behoort julself te bewys as My volgelinge, as My regmatige kinders, wie se manier van lewe ooreenkom met die voorwaardes wat Ek aan julle opgelê het en steeds aan julle voorhou deur My Woord, wat van bo oorgedra word aan die bemiddelaars wat dit aan julle sal onthul. As julle ooreenkomstig My Wil wil lewe, moet jul handelinge deurlopend werke van liefde wees waaraan Ek julle later in die ewigheid sal oordeel, maar nie uiterlike gebare en dade wat geen voordeel vir julle siele inhou nie, maar eerder die mense agterlosig maak in die waarneming van die enigste belangrike gebod, naamlik onbaatsugtige liefde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205