BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 475

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wie homself verhef – Aanmatiging – Huldiging 5021 Wie homself verneder, sal verhef word. Maar wie homself sal laat eer deur sy medemens, sy loon sal in die hiernamaals waarlik gering wees, want hy het sy loon alreeds ontvang. Julle mense is tog net op aarde, omdat julle nog onvolmaak is, anders sou julle al die ryk van die geluksalige geeste binnegegaan het, wat die graad van volmaaktheid vereis. Maar as julle onvolmaak is, hoe kan julle dan eerbetoon wil verlang van julle medemens? Hoe kan julle julleself laat eer waar julle nie voor My oë sou kan staande bly indien Ek julle skielik sou wegroep vanaf hierdie wêreld nie? Wie homself verneder, sal verhoog word. Dus vereis ‘n verhoging in My ryk, ‘n diepe deemoed, wat julle nie alleen aan My nie, maar ook teenoor julle medemens moet betoon, waarmee glad nie ‘n onderworpenheid en ‘n kruiperige diensbaarheid verstaan moet word nie. Maar nooit sal julle julleself verhewe mag voel bo die medemens nie. Wat julle onderskei aan geestesgawes, wat julle aan talente, lewendige verstand of ander vermoëns besit, is nie julle verdienste nie, inteendeel is dit aan julle gegee deur julle Skepper en Vader, na gelang van julle bestemming op aarde. Dus mag hierdie gawe julle nie verwaand laat word nie, veeleer maar net dankbaar teenoor Hom, Wie julle so ryklik voorsien het. Julle moet egter tog van die volgende bewus bly, naamlik dat julle siele nog onvolmaak is en dat dit slegs sy is wat die liggaam sal oorleef, dat alle aardse gawes dus vergaan, soos julleself eens sal vergaan en daar buiten julle siele niks sal oorbly wat julle die reg sal gee om hoogmoedig te wees nie. Daarom is dit nie op aarde gepas dat daar aan ‘n mens oordrewe eer bewys moet word nie, naamlik dat die mense, wie sy broeders (en susters) is, hulle voor hom neerbuig of hom dienend aan sy voete lê nie. Dit betaam nie dat een mens homself so laat eer nie, dat hy hom tot ‘n koning verhef, wanneer so ‘n heerskappy nie deur My aan hom opgedra is nie, want elke aardse heerser moet homself vir sy onderdane as ’n liefdevolle, vaderlike maghebber laat geld, as hy hulle liefde vir homself wil wen en nie net gevrees wil word nie, Dan sal elke onderdaan ook vanself aan hom die eer bewys wat hom toekom. Hy is egter as ‘n aardse maghebber deur My Wil bo die mense geplaas. Maar ook sy aanmatiging is geen deug nie, maar ‘n swakheid en ‘n fout in My Oë. Julle mense is almal gelyk voor My en onder mekaar sal julle as broeders moet wees, die een sal die ander in liefde moet dien, dan sal julle My ware kinders op aarde wees en sal deemoedig van hart bly. Want steeds sal julle My weg oor die aarde vir julleself moet voorstel, hoe Ek onder die mense gewandel het met My leerlinge, wie Ek as Broeders en Vriende aangeneem het en wie Ek dus ook broederlik onderrig het. Alle mag het My waarlik ter beskikking gestaan en Ek kon alles aan Myself verskaf, ook aardse rykdom en aansien van die wêreld. Ek sou kon heers soos ‘n koning en alle eer en aansien vir My kon opeis, maar Ek het nie die verhewenheid gesoek nie, Ek het slegs die ellendige en swakke aangesien en My na hulle toe gebuig. Want Ek ken geen verwaandheid nie en soek geen eer en roem van mense nie. Ek het slegs Liefde gegee en verlang ook slegs liefde van die mense. En wie My wil navolg, moet in liefde dien, maar nooit in mag wil heers nie. Dan eers kan hy verhef word in My ryk, wanneer hy hom self op aarde verneder het net soos Ek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205