BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Opgee van die wêreld - Aardse pligsvervulling - Seën van God 4436 Wat bied die wêreld julle? Goed beskou is dit slegs dinge wat julle kort aardse lewe kan verfraai, maar dit is nie van blywende waarde nie. Wanneer julle verstaan dat julle enige dag van die aarde af weggeroep kan word, werk julle, wêrelds gesien, slegs vir één dag, want more kan al julle laaste dag wees. ‘n Lang menselewe staan egter ook nie in verhouding tot die ewigheid nie en dit is dwaas om jouself slegs vir die kort tyd te versorg en nie te dink aan die ewigheid nie. Hou julle julself egter besig met gedagtes aan die lewe na die dood, sal julle eers insien watter skynbesit julle najaag, en dan sal julle die geestelike strewe begryp van hom wat die aarde nie as doel op sigself, maar as middel tot die doel herken. Dan sal julle ook strewe na die waarheid, na insig en na My, Wie julle dit alles kan gee. Een ding mag julle egter nie nalaat nie, naamlik om My as Helper en Raadgewer aan te roep, dat Ek Myself oor julle sal ontferm en julle voortaan sal lei op die lewensweg, dat julle vir My kies en om My ontwil die wêreld opgee, d.w.s. geen groot verwagtinge koester van ‘n lewe van uiterlike behaaglikheid nie, maar ‘n diep innerlike lewe sal lei met My, los van die wêreld. Die skeiding is beslis nodig, soos dit ook nodig is dat julle kennis sal neem van die suiwer waarheid, wat julle nie van buite af deur die wêreldsgesinde mense aangebied kan word nie. Vertrou julle julself aan My toe, dan gaan Ek saam julle en maak Ek ook die weg gelyk vir julle werk op aarde, want niemand sal skade ondervind, wat vir My en My Ryk arbei nie. Julle moet weliswaar julle plig vervul, d.w.s. die plek inneem wat aan julle toegedeel is, maar wie anders as Ek seën julle werk op aarde? Julle kan nie self sukses afdwing nie en as My wil daarteen is, kan julle niks doen nie, hoewel julle moeite sal doen en onafgebroke werksaam sal wees. Omgekeerd egter kan Ek julle arbeid bevorder en julle help met die uitvoering daarvan. Daarvoor verlang Ek dat julle julself tot My sal wend, julle van bo geskenkte Gawe, dat julle Haar volledige aandag sal skenk en vir Haar verspreiding sorg sal dra. Dan kan julle heeltemal sorgloos lewe, want Ek sal alle sorge van julle oorneem. Vervul eerste julle geestelike arbeid en alles wat julle op aarde onderneem, om op aarde julle toegewese taak te vervul, sal geseënd wees. Ek verryk julle waaragtig beter as die ondermaanse wêreld, maar Ek hou vas aan My voorwaarde, wat Ek daaraan gekoppel het, dat Ek as Vader julle, My kinders van alles sal voorsien wat julle geestelik en liggaamlik nodig het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205