BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 543

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarheid uit God - Dink met die verstand 5199 Julle sal altyd in ’n tweestryd raak indien julle julle eie weë gaan, indien julle julleself in gedagtes van My verwyder en meen dat julle My bystand nie meer nodig het nie. As julle julleself egter vas by My aansluit en julle gedagtes na My sal soek, dan sal julle ook heeltemal oortuig word om in die waarheid te wandel. En alle twyfel sal julle dan kan weerlê, omdat My teenwoordigheid nou die suiwer waarheid aan julle sal onthul en julle in My teenwoordigheid geen slagoffer van die dwaling kan word nie. Onthou dit goed wanneer julle twyfel, dat julleself hierdie twyfel in julle laat opkom, omdat julle slegs d.m.v. julle verstand ondersoek en My daardeur buite rekening laat. Want Ek sal My Gees nooit laat geld, indien julle dit nie self wil nie. En hierdie wil sal ontbreek, solank as wat julle verstand alleen werksaam sal wees. Helder en duidelik sal die onderwerp van julle ondersoek egter blyk, wanneer julle julleself in julle gedagtes aan My oorgee en My om opheldering vra. Alle twyfel sal weggevee word, omdat dit naas My, Wie julle deur julle gebed nader geroep het, nie kan bestaan nie. Probeer om so alle twyfel in julleself op hierdie wyse te verjaag en julle sal slaag, sodra julle julleself innig by My aansluit en My daardeur die moontlikheid gee om Self in julle werksaam te wees. Dit is so eenvoudig om ’n antwoord op al julle vrae van My te ontvang, dog sal die verstand vir solank uitgeskakel moet word, totdat julle die antwoord in julle hart gevoel het. Julle moet minder dink, maar meer innerlik luister. Hierdie proses is vir geen mens begryplik wat die proef nog nie met ‘n ernstige wil en in diep geloof gedoen het, sodat hy My kan verneem nie. Die ongelowige kan nooit My antwoord in homself verneem nie, omdat hy ook nooit ernstig in sy innerlike sal luister nie. Die geloof laat hom egter luister en hy sal dan van My antwoord gewaarword in sy hart. Vir die mens lyk dit onwerklik, want wat die eintlike werklike is, - is om My te hoor spreek! En so moet iemand wat twyfel, hom maar innig in gebed met My verbind om van sy twyfel bevry te word, terwyl hy andersins lank sal tob en geen betroubare resultaat sal kry nie, indien hy nie na My raad gaan luister nie. Sonder My kan julle nie tot die waarheid kom nie- en sonder My kan julle ook nie die waarheid as waarheid insien nie. En al neem julle ook die waarheid suiwer en onvervals uit die mond van ‘n dienaar aan wat deur My onderrig is, ‘n medemens, wat in innige verbinding met My, My Woord verneem het, dan sal dit tog twyfelagtig vir julle voorkom, solank julle dit slegs met die verstand aanhoor, solank julle julleself nie ook met My in verbinding stel nie, sodat My Gees julle die waarheid kan laat begryp. En daarom kan My verteenwoordigers op aarde maar net oorbring, maar nie oortuig nie, solank die toehoorder nog nie die verbinding met My tot stand gebring het nie. Maar My Woord sal julle daartoe aanspoor om My te soek en Ek sal My waarlik graag laat vind en aan julle gee wat julle ontbreek, naamlik volledige insig in die ewige waarheid wat julle siele ryper sal laat word sodra julle haar bewustelik van My sal aanneem, sodra julle deur julle wil, julle geloof en julle liefde toelaat dat Ek in julle aanwesig kan wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205